PJ, Lu­ke be­nut nog ’n sang­kans

Beeld - - Nuus - Si­mon Son­ne­kus

PJ P­re­to­ri­us en Lu­ke Lo­vemo­re, wat die af­ge­lo­pe twee we­ke nie ge­noeg stem­me ge­kry het om in The Voi­ce SA te bly nie, was gis­ter­aand weer in ak­sie.

Dit be­te­ken die eind­stryd van die kom­pe­ti­sie sal se­we deel­ne­mers hê, eer­der as net vier.

Dit volg na­dat deel­ne­mers die kom­pe­ti­sie­re­ëls oor­tree het met ge­borg­de pla­sings in so­si­a­le me­dia.

M-Net het Dins­dag­aand aan­ge­kon­dig dat Lo­vemo­re en P­re­to­ri­us die ge­leent­heid ge­gee word om na die pro­gram te­rug te keer.

Die ge­wo­ne stem­me­ry is ook Dins­dag voor die af­sny­tyd van 22:00 ge­staak.

Lo­vemo­re en P­re­to­ri­us het by hul te­rug­keer die ge­hoor ge­roer met hul weer­ga­wes van Foo Fig­h­ters se “Best of You” en Green Day se “Bou­le­vard of Bro­ken D­re­ams”.

“Jy ver­dien om te­rug te wees ná daar­die op­tre­de,” het af­rig­ter Bob­by van Jaarsveld aan Lo­vemo­re, wat deel is van Li­ra se span, ge­sê.

“Dit was werk­lik die bes­te van jou,” het af­rig­ter Ka­ren Zoid aan Lo­vemo­re ge­sê.

P­re­to­ri­us, wat Se­cun­da sy tuis­dorp noem, is deel van Zoid se span.

Hy sê hy is dank­baar om te­rug te wees in die reeks.

By­na al die af­rig­ters het hom ge­prys vir sy op­tre­de.

“Se­cun­da is se­ker bly jul­le is te­rug,” het Van Jaarsveld van hom laat hoor.

“Jy laat my aan Fran­cois van Co­ke dink as jy so al­leen op die ver­hoog staan,” was Zoid se re­ak­sie.

Die reeks loop aan­staan­de Son­dag ten ein­de.

Fo­to’s: SI­MON SON­NE­KUS

Ca­ro­li­ne­Gra­ce Br­üs­sow het die ge­hoor gaan­de ge­had.

The Voi­ce SA se af­rig­ters neem ’n sel­f­ie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.