Su­ni­ta se ma ver­breek swye, sê sy gaan po­li­sie toe

Beeld - - Nuus - Ma­re­li­ze Bar­nard en May­ge­ne de Wee

Su­ni­ta van Dyk, wat saam haar man, Ja­c­ques, op 10 Mei ge­sterf het toe hul huis op die plaas Jak­hals­vlei bui­te Wel­ling­ton aan die brand ge­raak het, se ma gaan van­dag na die po­li­sie “om met hul­le te ge­sels”.

Van Dyk se ma, Su­san Ma­rais, gaan steeds deur ’n moei­li­ke tyd om haar dog­ter se dood te ver­werk. Sy het se­dert die voor­val by­na twee maan­de ge­le­de vrien­de­lik ge­vra dat sy nie kom­men­taar wil le­wer nie.

Gis­ter het Ma­rais eg­ter ge­sê sy gaan van­dag po­li­sie toe om met hul­le te praat.

In­tus­sen het Rap­port be­rig dat die pri­va­te speur­der wie se hulp deur die Van Dyks se fa­mi­lie ver­kry is om die eg­paar se dood te on­der­soek, twee ge­tui­es op­ge­spoor het wat be­weer hul­le het die og­gend van 10 Mei teen om­streeks 03:00, kort na­dat die brand ont­dek is, ’n mo­tor op die plaas­werf ge­sien.

Die mo­tor se lig­te was glo af­ge­ska­kel ter­wyl dit van die plaas in die rig­ting van die dorp weg­ge­ry het.

In ’n an­der wen­ding het die pri­va­te speur­der op beeld­ma­te­ri- aal af­ge­kom wat daar­op dui dat Su­ni­ta die mid­dag voor haar dood vir Eloi­se le Roux, vrou van Da­nie le Roux, hoof van die La­er­skool Gim­na­si­um waar Su­ni­ta ’n on­der­wy­se­res was, in die kits­kos­re­stau­rant M­cDo­nald’s in die Paarl ont­moet het, be­rig Rap­port.

Eloi­se het nie gis­ter haar sel­foon be­ant­woord toe Die Bur­ger, sus­ter­koe­rant van Beeld, haar kom­men­taar wou kry oor die be­we­ring van ’n ont­moe­ting nie.

Su­ni­ta is glo op die vi­deo te sien waar sy by tye wild met haar han­de be­duie in haar ge­sprek met Eloi­se. Su­ni­ta het glo vol­gens Rap­port kort ná die M­cDo­nald’s-ont­moe­ting van so­wat 30 mi­nu­te W­hat­sApp-bood­skap­pe aan twee vrien­din­ne ge­stuur waar­in sy sê iets het ge­beur en sy moet drin­gend met hul­le daar­oor praat.

In nóg ’n wen­ding in die pri­va­te on­der­soek is klaar­blyk­lik vas­ge­stel dat ie­mand in die Van Dyk-eg­paar se vrien­de­kring vol­gens sel­foon­da­ta wat ver­kry is die aand voor die brand in die om­ge­wing van die plaas­huis was.

Die pri­va­te speur­der wil vol­gens Rap­port glo van­dag ’n aan­soek by die plaas­li­ke land­dros- hof in­dien om toe­gang te kry tot in­lig­ting ra­ken­de op­roe­pe en e-pos, as­ook W­hat­sApp- en an­der teks­bood­skap­pe op ver­skeie sel­fo­ne.

Su­ni­ta se sel­foon was glo ’n tyd lank soek, maar dit is vol­gens die speur­der in­tus­sen op­ge­spoor en word reeds fo­ren­sies ont­leed.

Twee Wes-Kaap­se pri­va­te speur­ders, wat ge­reeld sel­foon­teg­no­lo­gie in hul on­der­soek­werk in­span, het by na­vraag ge­sê hul­le pro­beer met so ’n on­der­soek om on­mid­del­lik toe­gang te kry tot die sel­fo­ne van slag­of­fers, so­wel as die sel­fo­ne van men­se wat met die on­der­soe­ke kan help.

Henk Jo­nes van Brook­es In­ter­na­ti­o­nal en Da­nie van Heer­den van Na­ti­o­nal In­ves­ti­ga­ti­on Bu­reau het ge­sê die in­lig­ting wat van fo­ren­sie­se sel­foon-a­na­li­se ver­kry word, is hoogs be­trou­baar en be­vat in baie ge­val­le in­lig­ting wat kan lei tot die in­heg­te­nis­ne­ming van men­se wat by ’n mis­daad be­trok­ke is.

Van Heer­den het ge­sê hul­le sal by­voor­beeld by ’n plaas­li­ke land­dros­hof ’n art. 205-aan­soek in­dien. Die aan­soek gee hul­le dan toe­gang tot slag­of­fers en an­der be­trok­ke­nes se sel­foon­re- kords. Dis is juis só ’n aan­soek wat die pri­va­te speur­der in die Van Dyk-saak glo van­dag wil in­dien.

“Ons kan dan deur mid­del van die re­kords vas­stel waar men­se se sel­fo­ne op be­paal­de tye van die dag was,” sê Van Heer­den.

Fo­to: FACEBOOK

Ja­c­ques en Su­ni­ta van Dyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.