Kom­men­taar

Beeld - - Nuus -

Die ver­oor­de­ling deur twee ka­bi­nets­le­de, Fi­ki­le M­ba­lu­la en Ay­an­da Dlod­lo, van die in­ti­mi­de­ren­de op­tre­de van die or­ga­ni­sa­sie Black First Land First (BLF) teen joer­na­lis­te word ver­wel­kom. Ook die on­der­ne­ming deur Fi­ki­le M­ba­lu­la, mi­nis­ter van po­li­sie, dat BLF­le­de wat by die huis van Pe­ter Bru­ce be­toog het, in heg­te­nis ge­neem gaan word.

Die BLF on­der lei­ding van An­di­le Mngx­i­ta­ma is op­per­ste a­nar­gis­te teen v­re­de en de­mo­kra­tie­se vry­heid. Hul­le het nie e­ni­ge noe­mens­waar­di­ge by­drae tot die op­bou van die land te le­wer nie.

Die me­dia is nie per­fek nie en al­mal hoef nie oor al­les met die ge­lys­te joer­na­lis­te saam te stem nie, maar die ge­me­ne de­ler is dat hul­le reeds ’n groot en sig­ba­re by­drae ge­le­wer het om me­di­a­vry­heid, vrye dis­koers en daar­deur ons de­mo­kra­sie te ver­sterk.

Sa­nef se be­plan­de regs­op­tre­de is ook ’n no­di­ge in­gry­ping.

Dit sal die twee mi­nis­ters eg­ter loon om ook vrae te vra oor hoe en met be­hulp van wie die BLF by­kans uit die niet na vo­re ge­tree het, van ’n ob­sku­re rand­spe­ler tot ’n groep wat skie­lik duur glans­pam­flet­te en an­der ak­sies kan be­kos­tig.

Hul uit­ge­spro­ke be­won­de­ring vir pres. Ja­cob Zu­ma en sy on­ver­skil­li­ge uit­la­tings oor kwes­sies soos die her­ver­de­ling van grond het reeds vir ve­le waar­ne­mers ’n wolk van in­tri­ge oor hul­le dui­de­lik sig­baar ge­maak.

Die­ge­ne wat wê­reld­wyd me­di­a­vry­heid on­der­myn, is ge­woon­lik des­po­te van on­der­druk­king en die­ge­ne wat iets het om weg te steek. Die BLF se jong­ste po­ging, om die persoonlike ruim­te van joer­na­lis­te bin­ne te dring, is kom­mer­wek­kend en ho­pe­lik sal straf­reg­te­li­ke op­tre­de volg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.