Mei­wen­ner ‘ge­skenk van Bo’ ná et­li­ke te­rug­slae

Beeld - - Nuus -

Mi­lan S­mit van Boks­burg is die Mei-wen­ner in Beeld se Ba­ba van die Jaar-kom­pe­ti­sie.

Haar ma, Ce­les­te, sê Mi­lan is hul en­gel­kind wat van Bo ge­stuur is om haar ge­sin se hart te vul.

Voor­dat Mi­lan ge­bo­re is, het die S­mits ver­skeie te­rug­slae en tra­ge­dies be­leef.

“Ek en my man, Har­dus, het vyf jaar ge­le­de ons eer­ste ba­ba ver­loor toe sy maar net 42 dae oud was.”

In 2015 moes sy om me­die­se re­des haar twee­de swan­ger­skap op vyf maan­de be­ëin­dig.

“Ons het toe maar be­sluit ba­bas is eers uit. Vroeg in Fe­bru­a­rie 2016 het ons eg­ter die won­der­lik­ste nuus ge­kry dat ek swan­ger is.”

Mi­lan was baie stil voor ge­boor­te en Ce­les­te het die dok­ter kort-kort be­soek so­dat hul­le haar hart­klop en vor­de­ring kon mo­ni­tor. “Die dok­ter wou haar op 36 we­ke die wê­reld in­bring. Ná ’n ruk­kie se mo­ni­tor het hy be­sluit om die pop­pie tot op die laas­te te los.

“Ek is huis toe en het die aand vreemd be­gin voel. Die vol­gen­de og­gend dou voor dag het ek wak­ker ge­skrik met die erg­ste pyn. Dit het ge­voel as­of iets in my ge­bars het. My man het met my hos­pi­taal toe ge­jaag en daar is be­ves­tig dat ek in kraam ge­gaan het.

“Ons bon­del­tjie het die wê­reld son­der kom­pli­ka­sies bin­ne­ge­kom, per­fek in el­ke op­sig. Sy is ons groot­ste ge­skenk van Bo.”

Mi­lan wen: ) Ver­blyf vir drie men­se vir ’n nag, ont­byt in­ge­sluit, ter waar­de van R4 000 by ’n oord van die Le­gends Hos­pi­ta­li­ty-groep; ) ’n Va­kan­sie ter waar­de van R3 500 by e­ni­ge Fo­re­ver Re­sorts­oord in Suid-A­fri­ka; ) ’n Gas­ver­sky­ning deur Ol­lie die Nar op haar eer­ste ver­jaar­dag­par­ty­tjie. Die prys is R1 300 werd; ) ’n Ge­skenk­be­wys van R800 van P­ri­ma Toys; ) ’n Ge­skenk­be­wys van R500 van Ba­ta; ) ’n Ge­skenk­pak ter waar­de van R500 van 4aKid; en ) ’n Ge­skenk­pak met A­fri­kaan­se boe­ke ter waar­de van R500 van Pen­guin Rand­om Hou­se.

Wil jy ook in­skryf? Die slui­tings­da­tum vir in­skry­wings vir Ju­lie se Ba­ba van die Maand is 24 Ju­lie 12:00. Die Ju­lie-ba­bas se fo­to’s word op 26 Ju­lie in Beeld ge­pu­bli­seer.

Stuur e-pos na ba­bas@beeld. com as jy jou ba­ba wil in­skryf.

Mi­lan S­mit

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.