La­du­ma vir jong Man­de­la

Beeld - - Nuus - Mal­her­be Nie­na­ber

’n Jong sok­ker­spe­ler van Ka­me­roen het die ton­ge los oor sy aan­slui­ting by ’n Duit­se sok­ker­klub en sy naam wat Suid-A­fri­ka­ners na aan die hart lê.

Nel­son Man­de­la M­bou­hom (18) het die af­ge­lo­pe week wê­reld­nuus ge­haal toe hy hom as ’n ju­ni­or spe­ler by die Bun­des­liga-klub Ein­tracht Frank­furt aan­ge­sluit het.

Hy is in Dou­a­la, Ka­me­roen, ge­bo­re.

Dié doel­skop­per het sy loop­baan by die Bar­ce­lo­na­sok­ker­klub se jeug­af­de­ling be­gin voor­dat hy op 13-ja­ri­ge ou­der­dom Duits­land toe ver­huis het, be­rig Soccer La­du­ma.

In die af­ge­lo­pe sei­soen het hy vir Ein­tracht Frank­furt se o.19-span uit­ge­draf en agt doe­le in 14 wed­stry­de aan­ge­te­ken.

M­bou­hom het in 2013 ook vir die Duit­se klub TSG 1899 Hof­fen­heim se jeug­af­de­ling ge­speel en op 14 naam by die Suid-Duit­se sok­ker­by­een­koms ge­maak.

Die Duit­se nuus­web­werf Bild.de het ver­le­de week be­rig dat M­bou­hom ná dié suk­ses ’n jaar lank nie toe­ge­laat is om vir Duit­se klubs sok­ker te speel nie om­dat hy nie ’n ver­blyf­per­mit ge­had het nie.

M­bou­hom is ge­bo­re vyf jaar na­dat Nel­son Man­de­la in 1994 die eer­ste swart pre­si­dent van Suid-A­fri­ka ge­word het toe die nu­we de­mo­kra­tie­se be­de­ling ná die a­part­heids­tyd aan­ge­breek het.

Man­de­la is op 5 De­sem­ber 2013 in die ou­der­dom van 95 oor­le­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.