Ro­wer kry kop­skoot ná voor­val op lug­ha­we

Beeld - - Nuus - – Ni­co Gous

’n Ge­wa­pen­de ro­wer is gis­ter­og­gend na­by die O.R. Tam­bo-lug­ha­we in Kemp­ton Park dood­ge­skiet en nog een in heg­te­nis ge­neem na­dat ’n ben­de op die lug­vrag­af­de­ling van die lug­ha­we toe­ge­slaan het.

Fi­ki­le M­ba­lu­la, mi­nis­ter van po­li­sie, sê in ’n ver­kla­ring ’n groep van ver­moe­de­lik agt ge­wa­pen­de ro­wers, som­mi­ge in baad­jies van ’n vei­lig­heids­maat­skap­py, het om­streeks 10:00 in twee mo­tors by die lug­vrag­af­de­ling op­ge­daag. Van hul­le het die hek be­man en die res is na S­wis­sport se pak­huis, waar hul­le toe­ge­slaan het op ’n vrag­mo­tor wat sel­fo­ne ver­voer.

Daar­na het hul­le ge­vlug. Twee is te voet oor die R21-hoof­weg.

Vol­gens Wer­ner Ver­maak, woord­voer­der van ER24, is een in Voor­trek­ker­weg in die kop ge­skiet. Een is in heg­te­nis ge­neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.