Die fyn vak­man­skap van ’n woord­vir­tu­oos

Jo­han My­burg skryf nie net ge­dig­te waar­in hy wys dat hy met die taal kán om­gaan nie, hy stel die le­ser ook be­kend aan teks­te en wê­rel­de waar­van jy meer wil weet, skryf Ma­ri­us Crous.

Beeld - - Boeke -

Po­ë­sie die slot van die ge­dig “Kei­ser, bui­te hom­self” (bl. 14) ver­woord word: Mis­kien gee skryf my die ver­moë om die dood te­ge­moet te gaan met o­per oë. In die “F­remd­k­ör­per”-si­klus word nie net af­skeid ge­neem van die ge­stor­we moe­der nie, maar word ook ge­my­mer oor ’n moont­li­ke uit­tog wat wag op ’n “wit man, nie eens mid­del­ja­rig nie, bloot net oud” wat sy “lie­we, gut­tera­le taal” praat . Dié land het nie meer plek vir hom met sy “baie pak­kaas” wat hy in “ge­rui­te C­hi­na bags” op­gaar nie. Laas­ge­noem­de sluit weer aan by die voor­blad­ont­werp deur Halt­ner.

By mon­de van Ha­dri­a­nus sit hy hier­die be­sin­ning voort: Hier sal ek tot niet gaan. Nie om­dat ek aan dié grond ver­knog is nie, ge­woon om­dat die bui­te­land an­ders dalk maar nie nood­wen­dig be­ter is nie. Dis vir die dig­ter on­denk­baar dat hy in ’n an­der taal moet en wil skry­we, want, soos hy dit stel, “die ein­de / van my taal is im­mers die ein­de // van my ein­ders”.

’n An­der uit­tog wat ter spra­ke kom, is die ein­de van ’n ver­hou­ding, wat slim aan die hand van ’n reeks gloor­lie­de­re (bl. 72) ver­ken word.

Die ei­e­tyd­se ak­tu­a­li­teit kom ook in heel­wat van My­burg se ver­se voor. Die skrei­en­de dood van Alan Kur­di, die drie­ja­ri­ge vlug­te­ling, die “vy­an­di­ge e­tos van ’n vas­te­land” wat sy lief­de as boos af­maak, xe­no­fo­bie, ons di­gi­ta­le eeu, of mis­daad wat sy huis van sy hart stroop.

In ’n deer­nis­vol­le ge­dig word af­skeid ge­neem van T.T. Cloe­te en er­ken hy die in­vloed wat Cloe­te op hom ge­had het om be­wus te word van die groe­nig­heid en die taal van die tuin – maar ook hoe die skryf van ge­dig­te oor­een­stem met die aan­plant van ’n tuin. Of soos hy dit stel: “Se­dert­dien swy­mel ek steeds oor die boe­ket / van tui­ne en die toor­krag van ’n ry­men­de eind­koe­plet.”

Tuin­maak speel ook ’n be­lang­ri­ke rol in die le­we van die moe­der­fi­guur in die bun­del. Sy het die dig­ter ge­leer om sy hand aan ’n tuin te hou. In “P­re­lu­de” (bl. 51) be­skryf hy hoe die tuin tot niet is en hom droe­wig stem om aan die skryf te gaan.

’n Ver­de­re as­pek van hier­die bun­del is My­burg se eks­pe­ri­men­te­ring met ver­skil­len­de vers­vor­me. Van die lang sil­la­bie­se “Na­nas de la na­da” (bl. 98) tot pro­sa­ge­dig­te tot kwa­try­ne. Een so ’n lang pro­sa­ge­dig is “Ars poe­ti­ca” (bl. 93), waar­in die dig­ter na aan­lei­ding van P­li­ni­us die Ou­e­re il­lus­treer hoe tyd­saam die skep­pings­pro­ses in werk­lik­heid is. Die me­ta­foor van jou to­ga self te kleur word hier ver­nuf­tig in ver­band ge­bring met die skryf­pro­ses.

Maar ten spy­te van ’n ge­voel van ont­heem­ding, vind die dig­ter tog ver­troos­ting in “die ar­gi­tek­tuur van ge­bor­gen­heid” (bl. 31). ) Ma­ri­us Crous do­seer A­fri­kaan­se let­ter­kun­de aan die Nel­son Man­de­la-U­ni­ver­si­teit in Port E­li­za­beth.

In ’n deer­nis­vol­le ge­dig word af­skeid ge­neem van T.T. Cloe­te en er­ken hy die in­vloed wat Cloe­te op hom ge­had het.

Fo­to: ROE­LE­NE PRINS­LOO

Jo­han My­burg. Uit­tog­boek is sy vier­de dig­bun­del.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.