Ro­man ver­hef woord tot hei­lig­dom

Beeld - - Boeke -

Fik­sie

Die Berg­en­gel Ca­ri­na S­tan­der PRO­TEA, R220

Die Berg­en­gel, die eer­ste ro­man in ’n drie­luik, is die soort e­pie­se ver­haal wat on­ge­twy­feld uit­ge­wers­durf verg. Dis een ding om die po­pu­la­ri­teit van Ge­or­ge R.R. Mar­tin se boe­ke en die TV-reeks Ga­me of Thro­nes uit te son­der, maar is daar plaas­lik ’n mark vir ’n ro­man wat lees soos ’n meer li­rie­se Tol­kien in A­fri­kaans, met e­le­men­te wat neig na The Al­che­mist?

S­tan­der se ei­e­soor­ti­ge in­ter­pre­ta­sie van die bil­dungs­ro­man – met ver­skeie ma­gie­se e­le­men­te, ’n deur­lo­pen­de reis­mo­tief, klem op ou­er­kind-ver­hou­dings, en die in­ner­li­ke en ui­ter­li­ke kon­flik van die jong pro­ta­go­nis – maak kor­te met­te van die ge­yk­te term “krag­toer”.

Die ro­man is fa­bel­ag­tig mooi en vol­was­se, met wa­re diep­te en in­sig; e­nig­ma­ties maar ook toe­rei­kend. Met tye roep die ro­man die fyn hu­mor, reis­mis­tiek en spel met taal op wat te vin­de is in Ing­rid Win­ter­bach se werk (hoe­veel skry­wers is ook kuns­te­naars in eie reg?), ter- wyl die ver­men­ging van die bil­dungs­ro­man­gen­re met e­ko­kri­tiek en die reis­mo­tief Die Berg­en­gel ge­du­rig met De­on Mey­er se Koors in ge­sprek bring.

Die ver­haal se bui­te­lyn sien so uit: Eron Ver­ber­ger, seun van Gi­bor en A­li­da, ver­trek op 13-ja­ri­ge ou­der­dom saam met sy pa op ’n jaar lan­ge reis. So sal Eron el­ke de­tail rond­om die ka­rak­ter en taal van klok­ke leer ver­staan. Hy sal on­der sy trot­se klok­ma­ker­pa se wa­ken­de oog ’n man kan word.

Daar is wel ’n meer broei­en­de re­de waar­om Eron en Gi­bor hul pad uit die kus­dor­pie van die T­zur moet maak: daar is ’n Vuur­storm wat broei. Oor­log kom.

Der­tien jaar het ver­loop se­dert daar te­kens van ’n Berg­en­gel was. Eron leer deur die loop van die ro­man – op­ge­deel in ses de­le, elk met ’n in­sig­ge­wen­de ti­tel – dat sy pa self ’n Berg­en­gel was.

Hoe­wel dit hier­die le­ser groot ple­sier verskaf het om mond­jies­maat meer te leer oor die rol van die Berg­en­gel, mi­to­lo­gie van die land van Ga­briel­lië en die be­te­ke­nis van die Vuur­storm, staan die kon­flik tus­sen Eron en die an­ta­go­nis, Ver­bluf­fen­de Bluf­fer, of­te­wel Vel­vel A­za­zel, sen­traal. Hier­die ver­maak­li­ke vuur­bla­ser en stelt­stap­per ver­per­soon­lik ab­so­luut die soort sir­kus­men­ta­li­teit en ge­brek aan in­te­gri­teit wat ’n se­ke­re wê­reld­lei­er daag­liks ver­al op T­wit­ter ten­toon­stel.

Eron word oor­tui­gend ge­skets as die ont­lui­ken­de bil­dungs­held. Hy moet sy po­ten­si­aal as vol­gen­de Berg­en­gel be­reik deur ver­al self­op­of­fe­ring na te streef. Hy moet hom­self leer ken en ver­trou te mid­de van on­se­ker­heid, skuld­ge­voe­lens weens ’n ge­brek aan op­tre­de om wreed­heid te be­veg, en die drang om uit sy pa se ska­du te kom.

Daar­teen­oor is die Bluf­fer, met sy ste­am­punk-kle­re­drag, sy fas­si­ne­ren­de kul­kuns en o­ë­ver­blin­de­ry, as­ook sy ver­te­ren­de drang na er­ken­ning en mag, ’n ge­slaag­de uit­beel­ding van die mens se don­ker kant, of ska­du­self.

S­tan­der bied wel­ko­me af­wis­se­ling tus­sen die af­son­der­li­ke e­pi­so­des van Eron se fi­sie­ke en gees­tes­reis, waar hy as li­mi­na­le fi­guur oor ver­skeie gren­se heen moet be­weeg, en die on­heil­spel­len­de ak­ti­wi­tei­te van Bluf­fer, wat sy eie plan met Eron het.

Die Berg­en­gel as ge­ly­ke­nis kan ge­lees word as ’n be­sin­ning oor die rol van die skry­wer/dig­ter as Berg­en­gel-fi­guur. Soos die pro­fe­tie­se Berg­en­gel, wat in ge­heim­hou­ding le­we en slegs sy ver­sky­ning maak wan­neer die volk hom die mees­te no­dig het, word dit al­gaan­de dui­de­lik dat in­tri­ge­rend be­sin word oor ’n sa­me­le­wing wat ge­ken­merk word deur heb­sug, mag­sug, e­ko­no­mie­se ver­val, on­ver­draag­saam­heid, on­be­hol­pe lei­ers, sin­ne­lo­se ge­weld, ge­brek aan so­si­a­le ko­he­sie en to­ta­le ver­sla­wing aan teg­no­lo­gie.

Die Berg­en­gel is tot bars­tens toe vol kleur­ry­ke ka­rak­ters, wat ver­al sterk op Jung se i­dee van ar­ge­ti­pes trek. Daar is hel­pers, hek­wag­te en triek­ster­fi­gu­re. Waar Gi­bor as pa en skep­per van brons­klok­ke die Va­der-en-Skep­per-ar­ge­ti­pe is, is Kor­ban die Chris­tus-ar­ge­ti­pe.

In teen­stel­ling met die tra­di­si­o­ne­le fa­bel word die le­ser ge­lei om Ga­briel­lië as ’n re­ë­le land te aan­vaar, soos Tol­kien se We­st­land in The Lord of the Rings.

Die Berg­en­gel is meer as net ’n ro­man. Dit is ’n kuns­werk wat die woord tot hei­lig­dom ver­hef. ) Jo­na­than Amid is ’n vry­skut­taal­prak­ti­syn en dok­to­ra­le stu­dent aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.