Boe­ke

A­von­tuur en ak­sie vir seuns

Beeld - - Boeke -

Tie­ner­fik­sie Seuns lees nie sto­rie­boe­ke nie: Hul­le speel k­rie­ket of rug­by of re­ke­naar­spe­le­tjies. Of lê som­mer vir kwaad­geld rond.

Dalk. Maar sê nou hul­le lees nie om­dat daar niks ís vir hul­le om te lees nie? Ver­beel jou jy is ’n 13-ja­ri­ge knaap wat ’n bie­tjie moeg is vir teg­no­lo­gie­se af­lei­ding en be­sluit om een keer, mis­kien net één keer, ’n boek op die proef te stel. Jy vaar die skool- of dorps­bi­bli­o­teek bin­ne, op soek na ’n lek­ker sto­rie.

Die ont­nug­te­ring is groot: Ver­re­weg die mees­te van die boe­ke wat op jou ou­der­doms­groep ge­rig is, is ge­mik op mei­sies. Die voor­blad­prent­jies sê dit al­les: meer­min­ne, per­de, lip­stif­fie . . . Wat is dit in elk ge­val met tie­ner­mei­sies en hul be­hept­heid met per­de?

As jy ge­luk­kig is, kry jy dalk ’n boek wat op ie­mand soos jy ge­mik is. Mis­kien som­mer ’n he­le reeks: Die Ui­le of ’n Trom­pie- om­ni­bus.

En so neem jy ’n boek huis toe wat ge­skryf is lank voor­dat daar sel­fo­ne of skaats­plan­ke was. Kan jy glo: Men­se het met brie­fies ge­kom­mu­ni­keer of gelóóp waar hul­le wou wees.

Ja, su­re. As­of jy nou dáár­by aan­klank gaan vind. G’n won­der Swart kat slaan ’n ster en Trom­pie die sterk seun het ’n lek­ker dik stof­laag op nie.

Daar­om dat ’n mens nog­al op­ge­won­de raak wan­neer jy B­lits: Per­le­moen­die­we op ’n win­kel­rak sien. Dit lyk na iets om te léés. Dis nie al­dag dat ’n ma en haar der­tien­ja­ri­ge seun sáám ’n boek aan­pak nie. Dis eint­lik ’n goeie i­dee, an­ders weet die tan­nie mis­kien nie dat “cool” eint­lik “ke­wl” ge­spel word nie.

In dié boek deur A­dri­aan en Na­di­ne Blom – sy kan boon­op nog­al sing ook – is Han­nes en sy pel, Zan­der, twee 13-ja­ri­ge “du­des” met net ge­noeg tyd op hul han­de om in die moei­lik­heid te be­land.

Die le­we is nie te sleg nie: Hul­le bly op Melk­bos­strand en die bran­ders daar sméék om ge­ry te word. Die mei­sies by Goofy’s is mooi ge­noeg om e­ni­ge ou te laat bloos. Jou sus­ter is mis­kien nie te op­ge­won­de daar­oor dat jy haar sel­foon “leen” wan­neer jou lug­tyd min raak nie, maar dis niks wat een van jou ou­ma se mal­va­poe­dings nie kan reg­maak nie.

En as ’n Vry­dag­aand ’n bie­tjie lank be­gin voel, is daar al­tyd ’n per­loe­moen­dief of twee om aan te keer . . .

B­lits: Per­le­moen­die­we is nom­mer­pas vir seuns. Die klem is op a­von­tuur en ak­sie, met po­li­sie­kar­re wat loei­end ag­ter pa­neel­wa­ens vol ge­stroop­te per­le­moen aan­jaag, ma­sjien­ge­we­re en ’n hand­gra­naat of twee op die koop toe. En wie kan ’n hoof­stuk met ’n o­pe­ning­sin soos “Ek het nog al­tyd ge­won­der wat ek sal doen as ek ont­voer moet word” weer­staan?

Die sto­rie hóú jou aan die lees en die ou­ens praat en dink net soos jy. ) J.B. Roux is ’n vry­skut­re­sen­sent van Rie­beek-Wes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.