Ge­kon­kel by ’n pri­va­te skool

Beeld - - Boeke -

Fik­sie

De­li­lah Now T­ren­ding Pa­me­la Po­wer PEN­GUIN, R230

De­li­lah is ’n en­kel­ma. Haar eks­man is ’n nut­te­lo­se pa, maar haar loop­baan lyk goed en haar 12-ja­ri­ge dog­ter, Dai­sy, is ’n uit­blin­ker op al­le vel­de. Om die waar­heid te sê, al­mal ver­wag dat Dai­sy by die skool se prys­uit­de­ling aan­ge­wys gaan word as hoof­mei­sie.

Tot De­li­lah en Dai­sy se skok is dit Ro­sie, Dai­sy se aarts­vy­and, wat hoof­mei­sie word. Dai­sy is nie eens ’n pre­fek nie. Vin­nig kom hul­le ag­ter dat ve­le van Dai­sy se klas­maats al­te sma­lend is oor die feit dat sy nie meer so high and mig­hty is nie. En toe Ro­sie erns­tig be­seer word in ’n val van ’n bal­kon kom die mes­se uit – vir ma en dog­ter.

De­li­lah Now T­ren­ding is Pa­me­la Po­wer se der­de ro­man in drie jaar, ná Ms Con­cep­ti­on in 2015 en ver­le­de jaar se T­hings Un­seen, en elk­een is be­ter as die vo­ri­ge. Po­wer is ’n teks­skry­wer vir die se­pie Mu­vhan­go, en haar fik­sie vind baat by haar TV-ag­ter­grond.

Die s­to­ries lees lek­ker en vin­nig, maar Po­wer is ver­al ’n mees­ter van die plot twist (dit kan net al die se­pies wees!). As ’n ja­re­lan­ge aan­han­ger van speur­ver­ha­le kry ek groot ple­sier uit ’n boek wat my werk­lik on­kant kan vang, en Po­wer kry dit moei­te­loos reg.

Boon­op is sy snaaks. Haar don­ker hu­mor ver­skyn op die mees on­ver­wag­te oom­blik­ke.

Dit is ver­al in­te­res­sant om na die vor­de­ring van haar ro­mans te kyk, en die ver­skil­le en oor­een­koms­te te ver­ge­lyk. Ms Con­cep­ti­on gaan oor Jo, ’n ma met twee jong seun­tjies wat suk­kel om haar hu­we­lik by­me­kaar te hou, ver­al na­dat sy haar werk as se­pie­skry­wer ver­loor. Haar man is ’n bie­tjie on­be­hol­pe, en daar’s ’n jon­ger vrou wat vir hom bok­kie-o­gies maak.

T­hings Un­seen is ’n ril­ler: die hoof­ka­rak­ter, Em­ma, se ma (en hul ar­me kat) word wreed ver­moor, en hoe­wel daar nie kin­ders in die prent­jie is nie, is dit ook Em­ma se man wat as die an­ta­go­nis oor­kom. Hy is die si­nis­te­re weer­ga­we van die man en die eks in Ms Con­cep­ti­on en De­li­lah Now T­ren­ding.

Po­wer se pro­ta­go­nis­te is vroue wat doen wat hul­le moet doen ten spy­te van die mans, en dik­wels ook an­der vroue, wat hul­le knie­hal­ter. Jo en De­li­lah is al­bei ge­frus­treerd met die an­der ma’s – die “Blon­de Bob B­ri­ga­de”, soos Po­wer hul­le doop – by hul kin­ders se pri­va­te sko­le, maar hul­le kners hul tan­de en kyk noord. In De­li­lah se ge­val doen sy dit boon­op son­der ie­mand wat werk­lik ge­wil­lig is om pa te staan vir sy dog­ter.

De­li­lah se ont­wik­ke­ling as ka­rak­ter is dus ver­al op­merk­lik, en die le­ser ver­ge­sel haar met el­ke tree: Wat het Dai­sy ge­doen? Met meer ak­sie en span­ning as haar eer­ste ro­man, en min­der gril­le­rig as die twee­de, wys De­li­lah Now T­ren­ding Pa­me­la Po­wer op haar bes­te. ) Lou­i­se Fer­rei­ra is ’n vry­skut­re­sen­sent en joer­na­lis van Jo­han­nes­burg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.