Kla só by ons

Beeld - - Tot u Diens -

Ver­brui­kers kan hul klag­tes e­lek­tro­nies by Tot u Diens in­dien. Stuur e­pos na to­tu­diens@beeld.com.

Klag­tes wat e­lek­tro­nies in­ge­dien word, kan spoe­di­ger af­ge­han­del word. U kan ook ’n faks stuur na 086 693 5146. Ont­hou om die maat­skap­py se faks­nom­mer en be­son­der­he­de in te sluit. Gar­rin M­cKen­zie het by New Wor­ld, Men­lyn, ’n blou­tjie ge­loop.

“Ek het in Mei van­jaar ’n brood­ma­sjien by New Wor­ld ge­koop. By die­self­de ge­leent­heid het ek ook vier bat­te­rye ge­koop. Die brood­ma­sjien was as ge­skenk be­doel, was nie wat die per­soon wou hê nie en ek het dit te­rug­ge­vat.

“Twee van die bat­te­rye was ook pap toe ons dit oop­maak. Die be­stuur­der by New Wor­ld het nie juis ge­help nie en het ge­meen die bat­te­rye is op­ge­bruik eer­der as wat dit aan­vank­lik pap was. Die da­tums op die vier bat­te­ry wat ek te­rug­ge­vat het, was nie die­self­de nie en dis waar­uit die be­stuur­der sy af­lei­ding ge­maak het.

“Ek het aan hom pro­beer ver­dui­de­lik my seun het die twee pap bat­te­rye vir twee wat wel werk, uit­ge­ruil, maar die be­stuur­der wou niks weet nie. Hier­na het ek vir ’n kre­diet­no­ta vir die brood­ma­sjien ge­vra, maar ook hier­van wou hy niks weet nie. “Ek voel sy op­tre­de is on­reg­ver­dig.” Ons het New Wor­ld vir kom­men­taar ge­vra. Hul­le sê M­cKen­zie het dit uit die staan­spoor vir hul be­stuur­der moei­lik ge­maak om die saak op te los. On­ge­luk­kig kon New Wor­ld nie nou met M­cKen­zie tot ’n ver­ge­lyk kom nie. Eer­der as om oor en weer mod­der te gooi het New Wor­ld en M­cKen­zie be­sluit om die stryd­byl te be­gra­we. Hy het wel die kre­diet­no­ta aan­vaar wat hy aan­ge­bied is. Jo­han Kroep het ons ge­vra om hom te help om ’n klag­te oor Em­per­ors Pa­la­ce te help op­los.

“Ek en my vrou het ’n kon­sert by Em­per­ors Pa­la­ce by­ge­woon. Ek was bad­ka­mer toe en met my te­rug­koms was my vrou in tra­ne. Die se­ku­ri­teits­per­so­neel het haar uit­ge­trap blyk­baar om­dat sy ty­dens die ver­to­ning haar sel­foon in haar hand ge­had het.

“Aan­vank­lik het ek dit ge­los, maar die­self­de se­ku­ri­teits­be­amp­te het nog ’n vrou op die­self­de wy­se aan­ge­spreek, waar­na ek die saak met Em­per­ors se an­der se­ku­ri­teits­per­so­neel op­ge­neem het. Hier is ons ba­sies af­ge­lag. ’n Dag la­ter het ons be­sluit om ’n amp­te­li­ke klag in te dien. Weer eens was daar nie veel em­pa­tie vir ons nie. Hul stand­punt is daar was nie oog­ge­tui­es nie en dus gaan hul­le nie teen die be­trok­ke be­amp­te op­tree nie.”

Ons het Kroep se klag­te vir Em­per­ors Pa­la­ce ge­stuur. Hy sê hul­le het hom ge­kon­tak en die si­tu­a­sie op ’n baie vrien­de­li­ke wy­se op­ge­los. Hy het Ju­lie, An­dy en Ni­leen vir dank uit­ge­son­der vir hul by­dra­es om ’n ne­ga­tie­we si­tu­a­sie in ’n po­si­tie­we een om te swaai. Ri­na Bar­nard was on­ge­luk­kig met die diens wat sy by First Na­ti­o­nal Bank (FNB) ge­kry het.

“Ek het in A­pril ver­le­de jaar ’n be­leg­ging by FNB ge­maak. Dié geld is vir 12 maan­de be­lê. In A­pril van­jaar het ek FNB ver­soek om die geld weer te be­lê, maar eers ’n een­ma­li­ge uit­be­ta­ling van ’n ge­deel­te daar­van aan­ge­vra. Meer as ’n week ná die be­leg­ging al ver­jaar het, het FNB nog nie my op­drag uit­ge­voer nie.

“Ek het die be­stuur­der by die plaas­li­ke FNB ge­ska­kel en re­ë­lings is ge­tref om ’n dag la­ter die nu­we do­ku­men­ta­sie vir die voort­set­ting van die be­leg­ging te on­der­te­ken. “Dit is al­les ge­doen. “Die pro­bleem is daar was tien dae waar­op my geld nie ren­te ver­dien het nie om­dat FNB ge­sloer het om my ver­soek uit te voer. Die be­stuur­der by die plaas­li­ke FNB het be­lo­we om moei­te met die saak te doen, maar daar is nog geen taal of ty­ding oor die ren­te nie.”

Tot u Diens het FNB ge­vra om on­der­soek in te stel. Bar­nard sê FNB het haar ge­kon­tak en die no­di­ge re­ë­lings is ge­tref om die ag­ter­stal­li­ge ren­te in te haal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.