Tot u Diens

Ver­brui­kers­fo­rum

Beeld - - Tot u Diens -

Dolf B­rit­ten het ’n klag­te oor Mul­tiC­hoi­ce vir ons ge­stuur.

“Ek het in Ja­nu­a­rie van­jaar ag­ter­ge­kom my DStv-paai­e­ment is meer as wat dit ver­on­der­stel is om te wees. Ek het Mul­tiC­hoi­ce ge­bel om te hoor hoe­kom ek meer be­taal. Vol­gens hul stel­sel was daar twee de­ko­deer­ders op my naam. Ek het eg­ter net een de­ko­deer­der.”

B­rit­ten het sy bank­sta­te na­ge­gaan om vas te stel hoe lank hy al die hoër paai­e­ment be­taal.

“Ek het ge­merk ek be­taal al se­dert 2013 die hoër paai­e­ment. Tot op da­tum het ek al meer as R24 000 meer be­taal. Ver­skeie men­se by Mul­tiC­hoi­ce het be­ves­tig ek be­taal vir twee de­ko­deer­ders, maar die bes­te op­los­sing wat ek uit hul­le kon kry, is ’n 50% te­rug­be­ta­ling. Ek het ver­der pro­beer on­der­han­del en uit­ein­de­lik ’n SMS ge­kry van ene Hen­nie wat ge­sê het die vol­le be­drag wat ek te veel be­taal het, sal aan my te­rug­be­taal word. Ek het eg­ter nog niks ont­vang nie.”

Tot u Diens het Mul­tiC­hoi­ce ge­vra om on­der­soek in te stel. Hul­le het as ge­baar van wel­wil­lend­heid die vol­le be­drag aan B­rit­ten te­rug­be­taal. Hul­le sê eg­ter kli­ën­te moet ont­hou om ou de­ko­deer­ders te kan­sel­leer as hul­le ’n nu­we een be­kom om ’n dub­bel-paai­e­ment te voor­kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.