Sy ma be­stuur ge­woon­lik

Beeld - - Tot u Diens -

Ter­sia Ester­huy­sen het vir ons ge­skryf oor ’n pro­bleem wat sy on­der­vind met MiWay.

“My seun (wat nou 18 is) was in ’n mo­tor­on­ge­luk be­trok­ke. Ons het al die no­di­ge stap­pe ge­volg om ’n eis by MiWay in te dien. MiWay het in hul on­der­soek be­vind die kar is on­her­stel­baar be­ska­dig. Hul­le sou my oor ’n uit­be­ta­ling laat weet.”

Ester­huy­sen het op MiWay se te­rug­voe­ring ge­wag.

“’n MiWay-a­gent het my ’n ruk­kie la­ter laat weet hul­le gaan min­der as die helf­te van die kar se waar­de aan my uit­be­taal.

Vol­gens hul­le moes my pre­mies hoër ge­wees het om­dat hul­le my seun as die kar se ge­reel­de be­stuur­der be­skou.

Hy was be­slis nie die per­soon wat die mo­tor die mees­te ge­bruik het nie. My seun het met die kar leer be­stuur, maar ek het dit daag­liks be­stuur. Ek het ge­ap­pel­leer teen MiWay se be­sluit en hul­le sou ver­der on­der­soek in­stel. Ek wag nog op hul ver­dui­de­li­king.”

Tot u Diens het MiWay op Ester­huy­sen se klag­te be­dag ge­maak. Hul­le het haar vir die op­ont­houd om ’n vol­le­di­ge ant­woord te verskaf om ver­sko­ning ge­vra. MiWay meen nog hul be­re­ke­ning van denk­wy­se om die uit­be­ta­ling was kor­rek, maar dat daar wel ’n fout met die som­me in­ge­kruip het. Hul­le het Ester­huy­sen ’n aan­bod ge­maak. Sy het dit aan­vaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.