Wen­ke wat werk

Beeld - - Tot u Diens -

Roy B­reg­man van B­reg­man­pro­ku­reurs sê in Suid­A­fri­ka is daar nie iets soos ge­meen­reg­te­li­ke hu­we­li­ke nie. ’n Paar­tjie wat nie amp­te­lik in die hu­we­lik be­ves­tig word nie, kan dus vir baie ja­re saam­bly en sal steeds nie in die oë van die reg as ge­troud ge­sien word nie. “Daar is ’n al­ge­me­ne i­dee on­der Suid­A­fri­ka­ners dat ’n paar­tjie wat lank saam­woon la­ter reg­te soos dié van ’n ge­trou­de paar­tjie sal ont­wik­kel,” sê B­reg­man. “Die wet in Suid­A­fri­ka maak eg­ter nie hier­voor voor­sie­ning nie.” On­der hier­die om­stan­dig­he­de meen B­reg­man moet ’n paar­tjie wat saam­woon liefs ’n kon­trak wat se­ke­re in­lig­ting ver­vat, op­stel. Vol­gens hom moet die kon­trak vir die vol­gen­de voor­sie­ning maak: ) Hoe sal ei­en­dom ver­deel word as die ver­hou­ding sou ein­dig? ’n Goeie i­dee is om aan die be­gin van die ver­hou­ding te be­sluit of elk­een se ei­en­dom sy of haar eie bly en of dit ge­deel­de ei­en­dom word. Die­self­de geld vir ei­en­dom wat ty­dens die ver­hou­ding be­kom word. ) In die ge­val van vas­te ei­en­dom moet daar be­paal word wie dit be­sit en as die be­sit ge­deel word, wat­ter per­sen­ta­sie el­ke par­ty be­sit. As een par­ty die ei­en­dom op sy of haar eie be­sit, kan die kon­trak vir ver­goe­ding voor­sie­ning maak as die an­der par­ty ver­be­te­rings daar­aan aan­bring. Waar die ei­en­dom ge­huur word, kan die kon­trak sti­pu­leer wie ná die ver­hou­ding ver­by is in die ei­en­dom kan aan­bly. “Waar ’n kon­trak soos hier be­skryf nie be­staan nie, sal ek­stra regs­kos­te aan­ge­gaan moet word as een par­ty voel die an­der het hom of haar on­reg­ver­dig be­han­del,” sê B­reg­man.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.