Vrae ná regs­man se skiet­dood

Hy be­tuig glo lief­de aan twee vroue

Beeld - - Nuus - El­sje du Toit

“Ek wil wys hoe lief ek vir jou is.”

Dit was blyk­baar die woor­de van ’n Wel­kom­se pro­ku­reur aan sy eks­vrou net voor­dat hy hom­self glo in haar slaap­ka­mer met haar pis­tool ge­skiet het.

Jo­han Ter­blan­che (42) het kort ná hul eg­skei­ding op 31 Mei ge­sê hy is nog lief vir haar, het sy eks­vrou, Vené, gis­ter te­le­fo­nies ge­sê.

“Hy het dit Vry­dag­aand weer vir my ge­sê. Hy wou te­rug­kom na my en ons seun­tjie, Wi­an (5), toe,” sê sy.

Vené was sy twee­de vrou en hul­le was by hul eg­skei­ding meer as agt jaar ge­troud.

“Die he­le tyd dat hy Vry­dag by my was, het hy ge­sê hy wil dié ge­mors oor en ver­by kry en bit­ter graag huis toe kom.

“Kort voor­dat hy hom­self ge­skiet het, het hy ge­sê hy wil nie weer saam met die an­der vrou (sy vrien­din, Lie­sl van Wi­jk) gaan nie.

“En om te wys hoe lief hy vir my is, het hy hom­self met my pis­tool ge­skiet.”

Ter­blan­che, wat by Le­gal Aid ge­werk het, se pis­tool is glo vroe­ër aan die po­li­sie oor­han­dig na­dat Van Wi­jk se eks­man ’n klag van die rig van ’n vuur­wa­pen in­ge­dien het.

“Hy het my Vry­dag ge­vra of hy som­mer my pis­tool ook by die po­li­sie kan in­gee en het dit uit die kluis gaan haal.”

Sy het kort te­vo­re ’n slaap­pil ge­drink en Ter­blan­che het aan­ge­bied om haar “in die bed te sit”.

“Ek het met my rug na hom op die rand van die bed ge­sit. Dit is toe hy vir my sê: ‘Ek wil wys hoe lief ek nog vir jou is.’ Toe skiet hy hom­self.”

Kapt. S­te­phen T­ha­keng, po­li­sie­woord­voer­der, sê die po­li­sie is om 20:10 na die huis ont­bied.

“Mnr. Ter­blan­che het met ’n wond bo sy reg­ter­oog op die vloer ge­lê. ’n Pis­tool is langs hom ge­kry,” sê hy.

Hy is in die on­ge­val­le­af­de­ling van die Me­di­cli­nic Wel­kom dood. Vené is by die hos­pi­taal vir skok be­han­del.

Van Wi­jk het eg­ter tal­le vrae oor haar vriend se dood.

Sy sê hul­le het Vry­dag, na­dat hul­le Ter­blan­che se dog­ter uit sy eer­ste hu­we­lik, Ju­ané, haar vriend, Nat­han, Van Wi­jk se seun, Di­an, en haar sus­ter se dog­ter, Cla­ri­ce, by die rol­prent­te­a­ter af­ge­laai het, by Vené se huis stil­ge­hou om haar sleu­tels, wat Ter­blan­che nog by hom ge­had het, af te gee.

“Toe hy uit die kar klim, het hy nog vir my ge­sê: ‘Ek is lief vir jou. Ek is nou te­rug. Hou net jou foon by jou, ek sal jou W­hat­sApp as iets ge­beur,’ ” sê sy.

Ter­blan­che en Van Wi­jk sou glo na­dat hul­le by Vené was, gaan uit­eet het.

“Hoe­kom sou hy hom­self in die huis gaan skiet het ter­wyl ek bui­te in die kar vir hom wag, ons plan­ne vir die aand het en ons la­ter ons kin­ders moes gaan haal?

“Niks daar­van maak sin nie. Ek het so baie vrae.”

T­ha­keng sê ’n ge­reg­te­li­ke on­der­soek na Ter­blan­che se dood is be­gin.

Vol­gens Vené word die be­graf­nis Don­der­dag by die Lig­huis Je­sus Be­die­ning ge­hou.

Fo­to: FACEBOOK

Wy­le Jo­han Ter­blan­che en sy eks­vrou, Vené.

Ter­blan­che en sy vrien­din, Lie­sl van Wi­jk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.