Brand­ska­de be­dra al meer as R4 mil­jard

Beeld - - Nuus - Jackie Kru­ger

Die ska­de van die on­lang­se bran­de by Knys­na en in Bi­tou (wat P­let­ten­berg­baai in­sluit) be­loop reeds R4,2 mil­jard.

Dié in­lig­ting is Vry­dag be­kend ge­maak op ’n se­re­mo­nie in Ge­or­ge ter ere van die brand­weer­le­de van die E­den-dis­triks­mu­ni­si­pa­li­teit wat die bran­de help be­stry het.

Dit was van die mees­te brand­weer­le­de en an­der brand­diens­te- per­so­neel tot nog toe wat in ’n nood­si­tu­a­sie in Suid-A­fri­ka ont­plooi is.

Knys­na en Bi­tou is erg ge­raak deur die bran­de, wat op 7 Ju­nie uit­ge­breek het.

Ger­hard Ot­to, hoof van E­den­ramp­be­stuur, het by die ge­leent­heid Vry­dag ge­sê 1 106 brand­be­stry­ders was teen­woor­dig.

So­wat 2,9 mil­joen li­ter wa­ter is ge­bruik.

Die kos­te van die lug­by­stand wat die weer­mag ge­le­wer het, be­dra R8 mil­joen en dié van Werk met Vuur (WoF) R5,5 mil­joen.

Meer as 1 400 hui­se is óf heel­te­mal ver­woes óf be­ska­dig.

Vol­gens die E­den-dis­triks­mu­ni­si­pa­li­teit is meer as 700 for­me­le struk­tu­re in Knys­na ver­woes en by­na 300 be­ska­dig.

Meer as 140 in­for­me­le struk­tu­re is ver­nie­tig en meer as 300 be­ska­dig.

In Bi­tou is 80 for­me­le en 20 in­for­me­le struk­tu­re ver­woes. Meer as 40 for­me­le struk­tu­re is be­ska­dig en agt in­for­me­le struk­tu­re.

In die hui­di­ge brand­sei­soen, wat op 1 De­sem­ber 2016 be­gin het, het E­den se brand­weer­diens al bran­de in Da­na­baai, S­til­baai, Ri­vers­dal en De Hoop be­stry.

Jo­han Brand van E­den se brand­weer­diens wat by die ge­leent­heid ’n voor­leg­ging ge­doen het, het ge­sê die bran­de in Knys­na en P­let­ten­berg­baai was by­na on­werk­lik.

“Dit was soos iets uit ’n rol­prent.”

Brand­weer­le­de was ver­ras om­dat tal­le gras­dak- en ook hout­hui­se nie ge­brand het soos wat ver­wag is nie.

“Dit kan net die ge­na­de van Bo wees,” sê hy.

To­ne­le van men­se in hul slaap­kle­re op die strand by B­ren­ton-on-Sea sal hom al­tyd by­bly.

Om­dat dit aan al­bei kan­te van die e­nig­ste pad na die woon­ge- bied ge­brand het, kon die woon­ge­bied se men­se nê­rens an­ders heen gaan nie.

Bin­ne die eer­ste week van die bran­de is 80% van die ba­sie­se diens­te in die ge­bied her­stel en bin­ne tien dae ’n ver­de­re 15%, het Brand ge­sê.

Fo­to: EUGENE GUNNING

’n Huis in B­ren­ton­on­Sea by Knys­na wat ge­brand het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.