Nog ’n bank sê nee vir Gup­tas

Beeld - - Nuus -

’n Vyf­de Suid-A­fri­kaan­se bank het sy deu­re ge­sluit vir re­ke­nin­ge van die om­stre­de Gup­ta­fa­mi­lie, be­rig Ci­ty P­ress.

Die Ven­da Buil­ding So­cie­ty (VBS) Mu­tu­al Bank wei­er ook om sa­ke met die Gup­tas te doen en het twee van die fa­mi­lie se re­ke­nin­ge ge­sluit.

VBS is die­self­de bank wat ’n le­ning van R7,8 mil­joen aan pres. Ja­cob Zu­ma toe­ge­staan het so­dat hy die staat kan te­rug­be­taal vir sy deel van die re­ke­ning om die vei­lig­heid van sy pri­va­te N­kand­la-wo­ning te ver­be­ter. Dit was na­dat adv. T­hu­li Ma­don­se­la, voor­ma­li­ge o­pen­ba­re be­sker­mer, hom ge­las het om die geld te be­taal.

Die twee Gup­ta-re­ke­nin­ge, wat al­bei sa­ke­re­ke­nin­ge is, is in Ja­nu­a­rie ge­sluit na­dat die bank se ba­se daar­oor be­raad­slaag het.

Die bank het ’n bon­di­ge brief wat 9 Maart ge­da­teer is aan Ro­ni­ca Ra­ga­van, waar­ne­men­de uit­voe­ren­de hoof van Oak­bay In­ves­t­ments – die be­he­ren­de maat­skap­py van die Gup­ta­fa­mi­lie se on­der­ne­mings in Suid-A­fri­ka – ge­stuur.

Die brief lui: “Ken­nis word hier­mee ge­gee dat VBS Mu­tu­al Bank, in­ge­vol­ge ons ri­si­ko­be­stuurs­raam­werk, u ver­soek om nu­we re­ke­nin­ge van die hand ge­wys het, as­ook u voort­ge­set­te ver­hou­ding met die bank.”

In dié brief word voorts ver­dui­de­lik dat die Gup­tas se re­ke­nin­ge tot 22 Mei oop sal bly, waar­na dit ge­sluit sal word.

“Verskaf as­se­blief bank­re­ke­ning­be­son­der­he­de (van ’n an­der bank) waar­heen die geld in al jul re­ke­nin­ge oor­ge­plaas kan word.”

N­di­vhu­wo K­han­ga­le, woord­voer­der van die VBS, wil geen ver­de­re be­son­der­he­de verskaf nie en sê: “Ons word deur die bank-kli­ënt-ver­trou­lik­heids­klou­su­le ge­re­gu­leer en kan nie meer in­lig­ting gee nie.”

Ci­ty P­ress het eg­ter ver­neem dat die VBS-raad die Gup­tas se her­aan­soek om nu­we re­ke­nin­ge ge­wei­er het na­dat hul ge­ou­to­ma­ti­seer­de ri­si­ko­stel­sel vir fi­nan­si­ë­le vei­lig­heid in Ja­nu­a­rie ge­ak­ti­veer is en die Gup­tas as “po­li­ties ge­kom­pro­mit­teerd” uit­ge­wys het.

“Dit het on­der die ri­si­ko­kan- toor se aan­dag ge­kom dat die Gup­tas twee re­ke­nin­ge by die Jo­han­nes­burg­se tak van die bank ge­o­pen het toe die stel­sel ge­waar­sku het dat hul­le ’n ri­si­ko is.”

Al vier die land se groot­ste ban­ke het ver­le­de jaar son­der om re­des te verskaf reeds ge­wei­er om ver­der met hul fa­mi­lie­on­der­ne­mings sa­ke te doen.

KPMG, die fa­mi­lie se ou­di­teurs­fir­ma, het sy ver­hou­ding met die Gup­tas ook be­ëin­dig.

A­jay en A­tul Gup­ta

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.