E­ko­no­me ver­wag nou 0,66% groei

Beeld - - Sake - David van Rooy­en

Ver­wag­tin­ge dat die Suid-A­fri­kaan­se e­ko­no­mie van­jaar met meer as 1% gaan groei, lê nou be­hoor­lik aan sker­we. Die 30 e­ko­no­me wat van­jaar aan Sa­ke se E­ko­noom van die Jaar-wed­stryd deel­neem, het hul ver­wag­tin­ge vir van­jaar se e­ko­no­mie­se groei­koers se­dert die be­gin van die jaar reeds feit­lik ge­hal­veer, na­ma­te sa­ke- en ver­brui­kers­ver­troue al hoe ver­der ver­swak.

Die e­ko­no­me, wat in Maart van­jaar nog ’n groei­koers van 1,27% voor­spel het, ver­wag nou dat die e­ko­no­mie van­jaar met net 0,66% gaan groei. Dit is die der­de ag­ter­een­vol­gen­de maand dat hul­le hul groei­koers af­waarts aan­pas. Die af­ge­lo­pe maand se af­waart­se aan­pas­sing was skerp; in Mei het hul­le ’n groei­koers van 0,84% voor­spel.

Die e­ko­no­me wat aan die wed­stryd deel­neem, word ge­vra om el­ke maand voor­spel­lings oor 14 e­ko­no­mie­se ver­an­der­li­kes te doen. Die voor­spel­lings word deur prof. Eon S­mit, voor­ma­li­ge di­rek­teur van die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch se sa­ke­skool, in ’n kon­sen­sus­ra­ming ver­werk. Die kon­sen­sus­ra­mings gee Sa­ke se le­sers ’n i­dee van wat die voor­ste e­ko­no­me dink met die e­ko­no­mie gaan ge­beur.

Die e­ko­no­me was lank­laas so pes­si­mis­ties. Ge­woon­lik is daar ’n paar wat meer op­ti­mis­ties as hul kol­le­gas is, maar dié keer ver­wag 25 van die 30 e­ko­no­me dat die e­ko­no­mie met min­der as 1% gaan groei.

Twee van hul­le, Jo­han Wil­lem­se van A­gri­mar­k­con­sul­tants.com en Cor­né van Wal­beek van die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad, ver­wag geen groei nie.

Vier e­ko­no­me, waar­on­der Ri­an le Roux van Old Mu­tu­al, ver­le­de jaar se wen­ner, ver­wag groei van 1%, ter­wyl Fran­cois S­tof­berg van die Ef­fi­cient Group 1,3% in die voor­uit­sig stel.

Vir aan­staan­de jaar word daar nou groei van 1,26% ver­wag, wat ook heel­wat min­der is as die 1,75% wat in Maart van­jaar in die voor­uit­sig ge­stel is.

Die swak­ker e­ko­no­mie­se ver­wag­tin­ge, wat in le­ër win­kels te sien is, is groot­liks die ge­volg van kre­diet­gra­de­rings­a­gent­skap­pe se af­gra­de­ring van Suid-A­fri­ka se kre­diet­sta­tus. Dit het ’n ne­ga­tie­we in­vloed op sa­ke- en ver­brui­kers­ver­troue ge­had.

Die groot vrees dat die af­gra­de­rings tot ’n uit­vloei van ka­pi­taal kan lei, met ramp­spoe­di­ge ge­vol­ge vir die rand en ren­te­koer­se, het eg­ter nog nie ge­beur nie en die e­ko­no­me ver­wag ook nie dat dit gou gaan ge­beur nie.

Die re­de hier­voor is tra­er as ver­wag­te e­ko­no­mie­se groei in die VSA, wat mee­bring dat ren­te­koer­se in dié land dalk nie so­veel gaan styg soos wat aan­vank­lik ver­wag is nie. Die ge­vol­ge is twe­ër­lei: Die dol­lar bly on­der druk en be­leg­gers wend hul­le na ont­lui­ken­de mark­te soos Suid-A­fri­ka waar daar baie hoër op­brengs­te op die ka­pi­taal­mark­te be­skik­baar is.

Bui­te­lan­ders koop dus steeds Suid-A­fri­kaan­se ef­fek­te, wat die rand teen die swak­ker dol­lar steun, die te­kort op die lo­pen­de re­ke­ning fi­nan­sier en ren­te­koer­se in be­dwang hou.

Die deel­ne­men­de e­ko­no­me het vir die der­de op­een­vol­gen­de maand ’n ster­ker rand voor­spel, vir die vier­de maand ’n klei­ner te­kort op die lo­pen­de re­ke­ning, as­ook la­er ren­te­koer­se. Die e­ko­no­me raam nou die rand gaan in die laas­te kwar­taal ge­mid­deld R13,50 vir ’n dol­lar werd wees, teen­oor Mei se voor­spel­ling van R13,62, en R13,64 in A­pril.

Die te­kort op die lo­pen­de re­ke­ning vir van­jaar word nou op R145,65 mil­jard ge­raam, teen­oor ’n ge­raam­de R151,99 mil­jard in Mei en R159,73 mil­jard in A­pril.

Die ver­wag­tin­ge is dat die ge­mid­del­de op­brengs­koers op die R186-staats­ef­fek in die laas­te kwar­taal 8,81% gaan wees, teen­oor Mei se voor­spel­ling van 8,89% en A­pril se 8,90%.

Die ver­naam­ste ge­volg van ’n ster­ker en be­sten­di­ger rand is la­er in­fla­sie, en die e­ko­no­me se jong­ste voor­spel­ling is ’n ge­mid­del­de in­fla­sie­koers van 5,68% vir van­jaar. La­er in­fla­sie ver­hoog die moont­lik­heid van la­er ren­te­koer­se en hul­le ver­wag ’n ge­mid­del­de p­ri­ma koers van 10,43% in die laas­te kwar­taal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.