Te koop: Co­ke se be­lang van R41 mil­jard in nu­we koel­drank­reus

Beeld - - Sake - – Nel­lie Bran­dJon­ker

Die in­ter­na­si­o­na­le Co­ca­Co­la­maat­skap­py het met die re­ge­ring oor­een­ge­kom om ’n be­lang van 30% af te staan in die Suid­A­fri­ kaan­se fi­li­aal van die nu­we reu­se­koel­drank­ver­vaar­di­ger wat in A­fri­ka ge­stig is.

Ter­self­der­tyd het Co­ca­Co­la die ver­eis­tes uit­ge­stip­pel van die be­he­ren­de be­lang in die nu­we koel­drank­reus van R41 mil­jard wat hy wil ver­koop.

Co­ca­Co­la gaan die be­he­ren­de be­lang in Co­ca­Co­la Be­vera­ges A­fri­ca (CCBA), wat ver­le­de jaar ge­stig is, net ty­de­lik be­kom tot­dat hy weer ’n ko­per daar­voor kan kry.

E­bra­him Pa­tel, mi­nis­ter van e­ko­no­mie­se ont­wik­ke­ling, sê die re­ge­ring het ’n oor­een­koms met Co­ca­Co­la be­reik oor ’n reeks voor­waar­des van o­pen­ba­re be­lang vir die tran­sak­sie waar­in Co­ca­Co­la die be­he­ren­de be­lang in CCBA gaan ver­kry.

Dit sluit in dat die Suid­A­fri­kaan­se fi­li­aal van CCBA ’n swart aan­deel­hou­er gaan kry wat 30% gaan be­hou.

Die be­lang in Co­ca­Co­la Be­vera­ges South A­fri­ca (CCBSA) moet teen 2021 reg wees.

Aan­vank­lik sou swart groe­pe se be­lang 20% ge­wees het.

“Ons is bly ons kon die oor­een­koms met die Suid­A­fri­kaan­se re­ge­ring be­reik, wat toon ons stem saam met sy sie­ning oor wat nood­saak­li­ke in­klu­sie­we so­sio­e­ko­no­mie­se ont­wik­ke­ling is,” sê James Quin­cey, uit­voe­ren­de hoof van Co­ca­Co­la.

Co­ca­Co­la het af­son­der­lik be­son­der­he­de verskaf oor hoe ’n be­he­ren­de aan­deel­hou­er in CCBA ge­soek sal word.

Van die fak­to­re wat in ag ge­neem sal word, sluit in er­va­re be­stuur; ’n ge­skie­de­nis met be­dry­wig­he­de in A­fri­ka; die fi­nan­si­ë­le ver­moë om die be­lang te koop, as­ook om ’n lang­ter­myn­be­leg­ging in CCBA se mark­te te maak; en om Suid­A­fri­ka as ’n be­lang­ri­ke deel van die groep te be­hou.

Co­ca­Co­la soek ’n aan­deel­hou­er vir die be­he­ren­de be­lang van R41 mil­jard in die nu­we koel­drank­reus wat ver­le­de jaar ge­stig is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.