Si­ba­nye wil on­wet­ti­ge myn­wer­kers vas­vat

Beeld - - Geklassifiseerd - Niel Jou­bert

Si­ba­nye se Cooke-myn na­by Rand­fon­tein in Gau­teng sal op Maan­dag 3 Ju­lie weer pro­duk­sie her­vat ná ’n on­be­skerm­de sta­king wat op 6 Ju­nie be­gin het.

Die sta­king het be­gin na­dat stren­ger maat­re­ëls in wer­king ge­stel is om on­wet­ti­ge myn­wer­kers, of za­ma-za­mas, uit skag­te te hou.

Si­ba­nye het ’n ver­bod om kos on­der­gronds te neem in wer­king ge­stel. Die Na­ti­o­nal U­ni­on of Mi­ne­wor­kers, die groot­ste vak­bond by die myn, het in­ge­stem tot dié maat­re­ël, sê Si­ba­nye.

Si­ba­nye sê die ver­bod is in­ge­stel om te pro­beer ver­hoed dat kos aan on­wet­ti­ge my­ners verskaf word. Hy sê van­jaar is 77 werk­ne­mers reeds in heg­te­nis ge­neem om­dat hul­le on­wet­ti­ge my­ners help.

Se­dert die sta­king be­gin het, het 472 on­wet­ti­ge my­ners na die op­per­vlak te­rug­ge­keer en is in heg­te­nis ge­neem.

Si­ba­nye het op 8 Ju­nie ’n in­ter­dik teen die sta­kers be­kom en dis- si­pli­nê­re stap­pe is be­gin. 99 werk­ne­mers is af­ge­dank, 407 is op fi­na­le waar­sku­wing en is hul sa­la­ris kwyt en 869 is hul jaar­lik­se bo­nus kwyt om te ver­goed vir die skof­te waar geen werk ge­doen is nie.

Si­ba­nye sê so­wat 300 kg, ge­lyk­staan­de aan R160 mil­joen in in­kom­ste, het ver­lo­re ge­gaan weens die sta­king.

“Die in­heg­te­nis­ne­ming van 472 on­wet­ti­ge myn­wer­kers by die Cooke-be­dry­wig­he­de, wat ’n ak­tie­we en o­pe­ra­si­o­na­le my­ne is, dui op die om­vang van die on­wet­ti­ge myn­ak­ti­wi­tei­te en die ri­si­ko wat die groei­en­de on­wet­ti­ge prak­tyk in­hou vir ons be­dry­wig­he­de, werk­ne­mers en ge­meen­skap­pe,” sê Way­ne Ro­bin­son, uit­voe­ren­de hoof van Si­ba­nye se goud­af­de­ling.

Die Cooke­myn in die om­ge­wing van Rand­fon­tein.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.