Cra­ven­week Nu­we be­na­de­ring Lui­perds mik vir top­10 Val­ke se troef­kaart

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den Ti­nus van S­ta­den

Ger­rie le Gran­ge, die Val­ke se Cra­ven­week­af­rig­ter, hoop die nu­we rig­ting wat sy span met sy voor­be­rei­ding vir die toer­nooi in­ge­slaan het, werp vrug­te af.

Die Val­ke be­gin sy aan­slag in dié toer­nooi in Jo­han­nes­burg op Dins­dag 18 Ju­lie by St. S­ti­thi­ans Col­le­ge teen Na­mi­bië.

Vol­gens Le Gran­ge het die span se voor­be­rei­ding ver­le­de jaar in Ok­to­ber reeds be­gin.

“Ons het ’n nu­we be­na­de­ring ge­volg. Ons het ’n groep e­li­te­spe­lers in die li­ga ge­ï­den­ti­fi­seer en saam met die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie se Ni­co Ser­fon­tein het ons hul­le ver­le­de jaar in Ok­to­ber ge­toets,” sê Le Gran­ge.

Die groep het toe ’n ver­skei­den­heid fi­sie­ke toet­se in die gim­na­si­um ge­doen. Die af­rig­ters het die groep in De­sem­ber met doel­wit­te ge­laat wat hul­le moes be­reik voor­dat die skool weer in Ja­nu­a­rie sou her­o­pen.

Daar­na het die groep in Ja­nu­a­rie by­me­kaar­ge­kom en die spe­lers se vor­de­ring is ge­meet. Deur die loop van die sei­soen is spe­lers dop­ge­hou en by die proe­we het die brei­ers reeds ’n voor­lo­pi­ge span ge­ï­den­ti­fi­seer. Dié span het nie aan die proe­we deel­ge­neem nie. “Die an­der spe­lers het proe­we ge­speel en daar­uit het ons ’n span ge­kies wat teen die span ge­speel het wat ons voor die proe­we uit­ge­sit het.”

Só het Le Gran­ge en sy ad­ju­dan­te die uit­ver­ko­re­nes ge­ï­den­ti­fi­seer wat die streek gaan ver­teen­woor­dig.

“Ons het nie die tra­di­si­o­ne­le groot Val­ke­pak nie, maar die spe­lers is baie be­weeg­lik en veel­sy­dig,” ver­dui­de­lik Le Gran­ge.

Die flank T­ha­bo N­di­man­de en Ru­ben Bey­tell, skrum­ska­kel en kap­tein, sal twee van die Val­ke se sleu­tel­spe­lers wees.

“As Bey­tell goeie bal­be­sit kry, kan hy din­ge ag­ter­langs laat ge­beur.”

Bey­tell het juis Sa­ter­dag op die Noord­vaal­bon­de­dag op Lof­tus Vers­feld in P­re­to­ria ’n bars­hou in die Val­ke se se­ge van 42-14 oor die Lim­po­po Blou Bul­le ge­speel. Hy het twee d­rieë ge­druk.

Dy­lan S­chwartz, die bui­te­sen­ter, en die vleu­el Les­ley Oc­to­ber kan ook ge­vaar vir hul teen­stan­ders in­hou. ) Hou Beeld-Jip oor die vol­gen­de twee we­ke dop om te lees wat die af­rig­ters van die an­der Cra­ven­week-span­ne in die Noord­vaal sê. Die Lui­perds se Cra­ven­week­span wil van­jaar on­der die voor­ste tien span­ne by dié sko­le­rug­by­toer­nooi in Jo­han­nes­burg ein­dig.

Om dit te doen, moet die span van Noord­wes min­stens twee van sy drie wed­stry­de wen op dié spog­toer­nooi, wat van 17-22 Ju­lie by St. S­ti­thi­ans Col­le­ge in Sand­ton aan­ge­bied word.

“Ver­le­de jaar het ons twee uit ons drie wed­stry­de ge­wen. Ons doel­wit sal wees om vir die vol­gen­de paar jaar kon­stant ten min­ste twee uit ons drie wed­stry­de te wen en on­der die top­tien te ein­dig,” sê Chris Eras­mus, die Lui­perds se hoof­af­rig­ter.

Die Lui­perds se span be­staan uit spe­lers uit ’n groot ver­skei­den­heid sko­le. Ne­ge sko­le word in dié span ver­teen­woor­dig. Dít bied op­sig­self uit­da­gings aan Eras­mus. “Die ou­ens speel ge­reeld teen me­kaar en daar heers ’n fa­mi­lie­ge­voel on­der hul­le. Die ou­ens se ge­sind heid is uit­ste­kend. ’n Mens hoef nie oor dis­si­pli­ne te praat nie. Die groot uit­da­ging is maar die lo­gis­tiek en om tyd te vind wat al­mal pas. Vry­burg is by­voor­beeld by­kans 300 km van Pot­chef­stroom af,” sê Eras­mus.

Die brei­er is baie te­vre­de met die groep wat hy kon saam­stel.

“Die ou­ens se kon­di­si­o­ne­ring is baie goed, selfs be­ter as wat die ge­val ver­le­de jaar was. Ons het nie ’n fi­siek groot span nie, maar die ag­ter­spe­lers is baie vin­nig en die voor­spe­lers is ook be­weeg­lik. Ons het dalk ’n bie­tjie meer slaan­krag ag­ter­langs as ver­le­de jaar,” sê Eras­mus. Lo­hann Jahns, die bin­ne­sen­ter, is een van die span se ge­vaar­li­ke an­gels ag­ter. Die los­ska­kel, Han­ru van Rooy­en, spog met goeie voet­werk. Die heel­ag­ter, Ber­tu Jo­nes, het on­ge­loof­li­ke vaart. Hy het Sa­ter­dag op die Noord­vaal­Bon­de­dag twee d­rieë in sy span se se­ge van 33-10 oor die Grens-A­ka­de­mie­span ge­druk. Voor­langs is die flan­ke, die kap­tein An­dré Fou­ché en oop­kant­flank Ge­rald No­ka­ma, be­si­ge kê­rels. Die Lui­perds se veld­tog be­gin Dins­dag die 18de teen Zim­bab­we.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.