Sun­wol­ves­slag­ting laat ter­gen­de vrae

‘Gee ons kans,’ pleit Ja­pan­ners

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner Doel­skop­pe: Doel­skop:

Wan­neer Jo­han Ac­ker­mann oor ’n paar we­ke vaar­wel sê aan die Leeus, sal Sa­ter­dag se ver­to­ning op El­lis­park, waar sy span die Sun­wol­ves met 94-7 ver­woes het, een van die spe­si­a­le her­in­ne­rin­ge wees wat hy met hom saam­neem.

“Die spe­lers het al­les ge­doen wat ek van hul­le ver­wag het. Ek is baie trots op hier­die ver­to­ning. In ’n wed­stryd soos hier­die een is dit baie mak­lik vir spe­lers om te in­di­vi­du­a­lis­ties te raak, maar ons het die struk­tuur be­hou,” sê Ac­ker­mann oor sy span se re­kord­se­ge waar­in die Leeus 14 d­rieë ge­druk het.

“Dit laat ’n mens ne­de­rig en ge­se­ënd voel as din­ge die dag kliek soos van­dag. Ek sou nooit kon ver­wag dat die tel­ling só groot sou wees nie,” sê Ac­ker­mann.

“Ons het al­les op vol­le vaart ge­doen en die vaar­dig­heids­vlak­ke van die spe­lers was uit­ste­kend. Die spe­lers het koel­kop ge­bly en end­uit rug­by van ’n hoë ge­hal­te ge­le­wer en nie be­gin uit­ra­fel nie. Dit was ver­bly­dend,” sê hy.

“Ons het ook uit die stryd ge­tree son­der e­ni­ge be­se­rings.

“Nou kan ek die spe­lers wat rus­kans no­dig het daar­die rus gee, ter­wyl ons met die an­der spe­lers sal werk.

“Ons kon ook al­mal op die plaas­ver­van­gers­bank ge­noeg speel­kans gee en dit was goed om Faf (de K­lerk) op los­ska­kel vrye teu­els te kon gee en ook te kon uit­skuif vleu­el toe,” sê Ac­ker­mann.

Van­dat Ross Cron­jé in die ses­de mi­nuut die tel­bord aan die rol ge­kry het toe hy ná ’n skrum vyf me­ter van die be­soe­kers se doel­lyn ’n ga­ping ge­vind het om te gaan druk, was die druk op die Sun­wol­ves nim­mer­ein­di­gend. Daar is vyf d­rieë in die eer­ste helf­te ge­druk en nog ne­ge in die twee­de, met die rooi golf wat oor die span van Ja­pan ge­spoel het.

Fi­lo Ti­a­tia, hul af­rig­ter, er­ken daar kan te­reg vrae ge­vra word of hul­le ’n be­staans­reg in Su­per­rug­by het, maar sy ver­weer is dat “ons maar net in ons twee­de jaar in hier­die reeks is, ter­wyl an­der span­ne al 22 jaar lank Su­per­rug­by speel”.

“Gee ons kans en oor ’n paar jaar sal ons me­de­din­gend wees,” glo hy.

Tog laat dit jou won­der hoe ver­wa­ter en wan­aan­ge­pas die Su­per­reeks ge­word het as ’n span soos die Sun­wol­ves se toe­koms ver­se­ker is, maar ’n span soos die Sout­hern Kings, wat van­jaar groot op­gang ge­maak het, on­der die val­byl gaan be­land.

Dié reeks be­weeg be­slis nie in die reg­te rig­ting nie.

Pun­te­ma­kers: Leeus 94 (35): D­rieë:

Ru­an Com­brinck (3), Ja­co K­riel (2), K­wag­ga S­mith (2), Ross Cron­jé, El­ton Jan­tjies, Ak­ker van der Mer­we, Court­nall S­ko­san, Faf de K­lerk, Syl­vi­an Ma­hu­za, Ru­an Ac­ker­mann. El­ton Jan­tjies (7), Ru­an Com­brinck (4), Faf de K­lerk.

Uwe He­lu.

Sun­wol­ves 7 (0): Drie:

Jum­pei O­gu­ra.

Fo­to: GALLO IMAGES

Faf de K­lerk, wat as die Leeus se plaas­ver­van­ger­los­ska­kel op­ge­stuur is, trek ’n ver­de­di­ger van die Sun­wol­ves Sa­ter­dag op El­lis­park.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.