S­tor­mers op he­te ko­le oor Ma­rais se knie

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell Straf­doe­le: Doel­skop­pe:

Ter­wyl dit nie lek­ker is om vir Ryn­hardt El­stadt vir ’n week te ver­loor nie, is die skor­sing van sy bie­lie­flank die min­ste van die pro­ble­me wat die S­tor­mers se af­rig­ter, Rob­bie F­leck, nou in die ge­sig staar.

Die groot­ste bron van kom­mer is die toe­stand van die heel­ag­ter SP Ma­rais, wat in die eer­ste helf­te van Sa­ter­dag se se­ge van 40-34 oor die C­hee­tahs in Bloem­fon­tein ’n knie­be­se­ring op­ge­doen het.

F­leck sal na ver­wag­ting van­mid­dag die slui­er oor die erns van dié be­se­ring lig wan­neer die uit­slae van gis­ter­aand se skan­de­ring ont­vang word.

Ter­wyl dit ’n re­de­li­ke lo­gie­se stap sal wees om die buk­sie C­heslin Kol­be heel­ag­ter toe te skuif en vir Se­a­be­lo Se­nat­la as vleu­el te kies, dreig die si­tu­a­sie ook om in ’n kop­seer met stel­skop­werk te ont­aard. Dít kan selfs ’n in­vloed hê op wie F­leck vo­ren­toe as los­ska­kel kies.

Ma­rais het Sa­ter­dag as die S­tor­mers se stel­skop­per be­gin, maar ná sy be­se­ring het daar­die taak Kol­be s’n ge­word.

Ter­wyl Kol­be on­der die om­stan­dig­he­de nie swak ge­vaar het nie, sal dit ’n groot kans wees om te waag in­dien daar van hom ver­wag word om on­der druk in die uit­speel­ron­des te skop. Dit was im­mers nog nooit deel van sy pos­be­skry­wing nie.

Da­mi­an Wil­lem­se, wat prop­vol be­lof­te ge­lyk het op los­ska­kel, is ook maar nog 19.

’n Wed­stryd teen die Sun­wol­ves op Nu­we­land Sa­ter­dag bied ’n goeie ge­leent­heid om Wil­lem­se se self­ver­troue ver­der te bou.

Ter­self­der­tyd sal dit nie ver­baas nie in­dien F­leck vir Kurt Co­le­man ten min­ste op die plaas­ver­van­gers­bank be­trek van­weë sy er­va­ring van stel­skop­werk in druk­si­tu­a­sies.

On­der die los­voor­spe­lers sal die ver­lies van El­stadt mak­lik ge­ab­sor­beer kan word. Die S­tor­mers se ge­reel­de kap­tein, Siya Ko­li­si, is weer be­skik­baar en kan vir El­stadt ver­vang ter­wyl hy sy skor­sing uit­dien vir sy rooi­kaart ná ’n on­der­on­sie met die C­hee­ta­hflank Hen­co Ven­ter.

Nóg ’n op­sie vir F­leck is om die ont­lui­ken­de los­voor­spe­ler Ju­ar­no Au­gus­tus vir ’n plek in die 23-tal te oor­weeg. ) Ven­ter en El­stadt is gis­ter al­bei vir ’n week ge­skors.

Pun­te­ma­kers: S­tor­mers 40 (26): D­rieë:

C­heslin Kol­be (3), Da­mi­an Wil­lem­se, Se­a­be­la Se­nat­la, Sik­hum­bu­zo Nots­he. SP Ma­rais, C­heslin Kol­be (4).

Re­niel Hugo, E­land­ré Hug­gett, C­lin­ton Swart, Ray­mond R­hu­le. Niel Ma­rais (4). Ma­rais (2).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.