Dis Noord teen Suid in half­eind

Beeld - - Sport - Kurt Co­le­man, los­ska­kel van die WP, lê aan pa­le toe teen die C­hee­tahs in Kaap­stad. – Sport­re­dak­sie

Die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie teen die Blou Bul­le in een half­eind­stryd van die Su­perS­port-uit­daag­reeks, en ’n Goue Leeus-vyf­tien­tal teen G­rie­kwas in die an­der.

Al­bei dié rug­by­wed­stry­de word Son­dag bui­te Oos-Lon­den in M­dant­sa­ne se Si­sa Du­kas­he­sta­di­on ge­speel na­dat die WP aan­ge­bied het om sy tuis­veld­voor­deel prys te gee.

Die WP het gis­ter deur­ge­dring met ’n ge­mak­li­ke se­ge van 26-0 oor ’n Vry­staat-vyf­tien­tal in Groen­punt. Be­ne­wens goeie ver­de­di­ging, is die WP se ver­to­ning ook aan puik skrum­werk ge­ken.

Die S­treep­truie was met die om­draai­slag met 9-0 voor ná drie straf­doe­le deur Kurt Co­le- man. In die twee­de helf­te het die Ka­pe­naars se druk op d­rieë uit­ge­loop vir Mi­chal Ha­z­nar en B­jorn Bas­son.

In gis­ter se an­der kwart­eind­stryd in die Moe­der­stad moes die Blou Bul­le hard spook voor­dat hul­le ’n Haaie-vyf­tien­tal met 23-18 kon weg­bê­re.

Die Haaie het drie d­rieë teen­oor die Bul­le se twee ge­druk, maar drie straf­doe­le deur Ti­nus de Beer was deur­slag­ge­wend in die P­re­to­ri­a­ners se guns.

Eer­gis­ter se kwart­eind­stry­de was al­bei drie­ë­fees­te, met G­rie­kwas wat die OP-Kings met 7341 en ’n Goue Leeus-vyf­tien­tal wat die Pu­mas met 43-32 ge­klop het.

En­ver Brandt het vier van G­rie­kwas se 11 d­rieë in hul krag­me­ting in Kim­ber­ley ge­druk, met Ge­or­ge W­hi­te­he­ad wat ne­ge keer ver­doel het.

In Jo­han­nes­burg het Jar­ryd Sa­ge en Ro­bert Kru­ger al­bei twee keer ag­ter die doel­lyn ge­kui­er in die Leeus se op­win­den­de se­ge.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.