Van Nie­kerk, Kapp ver­ne­der Win­dies

Beeld - - Sport - Al­tus Mom­berg

’n Puik boul­ver­to­ning het Suid-A­fri­ka se vrou­e­span ge­help om sy on­oor­won­ne re­kord in van­jaar se Wê­reld­be­ker-toer­nooi in Lei­ces­ter, En­ge­land, vol te hou.

Die Pro­te­as het die WesIn­die­se Ei­lan­de gis­ter vir ’n ska­me­le 48 uit­ge­boul. Die Pro­te­as het die wen­lo­pies bin­ne se­we boul­beur­te ge­kry son­der om ’n paal­tjie te ver­loor. Die Pro­te­as het dus met tien paal­tjies ge­wen.

Die Pro­te­as het hul eer­ste wed­stryd teen Pa­ki­stan met drie paal­tjies ge­wen, ter­wyl sy twee­de wed­stryd teen Nieu-See­land af­ge­las is weens re­ën.

Lau­ra Wol­f­aardt (15*) en Li­zel­le Lee (29*) het 51 lo­pies om die eer­ste paal­tjie ge­voeg.

Dit was eg­ter die bou­lers wat die oor­win­ning ver­se­ker het. Die aan­vangs­paar van S­habnim Is­mail en Ma­ri­zan­ne Kapp het die aan­vank­lik ska­de aan­ge­rig, voor die kap­tein, Dané van Nie­kerk, c­ha­os ver­oor­saak het teen die ein­de om vier van die laas­te vyf paal­tjies te laat kan­tel.

Is­mail (2/16) het die eer­ste twee paal­tjies ge­neem voor Kapp (4/14), die wê­reld se voor­ste bou­ler, in haar vier­de boul­beurt drie paal­tjies ge­neem het en dit was am­per die ein­de van die Win­dies se aan­slag. Hul­le het op 16/5 ge­stei­er ná agt boul­beur­te.

Die Win­dies het toe ef­fe vas­ge­skop met C­he­de­an Na­ti­on (26) en Me­ris­sa A­quil­lei­ra (3) se 22 lo­pies om die 6de paal­tjie in 12.1 boul­beur­te om die beurt da­rem ef­fe lan­ger te laat duur. Dit is eg­ter toe Van Nie­kerk haar by­bre­ke be­gin boul het.

Die kap­tein (3.2-3-0-4) het vier paal­tjies ge­neem son­der om ’n lo­pie af te staan. Sy het die voor­ma­li­ge Aus­tra- lie­se kap­tein Ri­chie Be­naud se re­kord oor­tref vir die mees­te paal­tjies in e­ni­ge in­ter­na­si­o­na­le wed­stryd son­der om ’n lo­pie af te staan. Be­naud het 3/0 ge­neem in ’n toets teen In­dië in Del­hi in 1959.

Van Nie­kerk het die bal lek­ker vlug ge­gee en nie een van die Win­dies se la­e­or­de­kol­wers het ge­weet wat om met haar af­le­we­rings te doen nie.

Daar wag eg­ter ’n straw­wer toets op die Pro­te­a­vroue Woens­dag in hul vol­gen­de wed­stryd wan­neer hul­le die tuis­span, En­ge­land, in B­ris­tol pak.

Fo­to: GETTY IMAGES

Dané van Nie­kerk (links) en Ma­ri­zan­ne Kapp het al­bei vier paal­tjies laat kan­tel in die Pro­te­as se oor­win­ning gis­ter oor die Wes­In­die­se Ei­lan­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.