Froome se span skrik groot ná val

Beeld - - Sport - – Reuters en bbcsport.com

Chris Froome het gis­ter sy Te­am Sky-fiets­ry­span ’n paar be­nou­de oom­blik­ke laat be­leef toe hy in gie­ten­de re­ën in die twee­de s­kof van van­jaar se Tour de Fran­ce ge­val het.

Die s­kof oor 203,5 km is tus­sen D­üs­sel­dorf, Duits­land, en Lié­ge in Bel­gië be­slis. Die on­ge­luk het so­wat 30 km voor die eind­punt plaas­ge­vind toe Froome en sy span saam in die bon­del was.

Froome het op­ge­staan en voort­ge­jaag. Hy het la­ter sy fiets om­ge­ruil en on­ge­deerd in die bon­del by die eind­punt aan­ge­kom om aan sy ses­de al­ge­he­le plek te klou.

“Niks erns­tig nie, net ’n paar vel­le van my ag­ter­ste­we ver­loor. Dis on­af­wend­baar en ons weet dat in glib­be­ri­ge toe­stan­de soos dié, daar al­tyd ’n ri­si­ko is dat dit kan ge­beur.

“Ons het net wie­le ge­raak, of ie­mand voor my het ge­gly en ge­val. Teen daar­die spoed kan jy dit nie keer nie,” het Froome ge­sê.

Mar­cel Kit­tel (Quick-S­tep Floors) het die s­kof in 4:37:37 ge­wen. Die Frans­man Ar­naud De­ma­re (FDJ) was twee­de en nog ’n Duit­ser, An­dré G­rei­pel (Lot­to-Sou­dal), der­de, al drie met die­self­de tyd.

Dit was Kit­tel se tien­de sko­foor­win­ning en hy het ná die tyd in tra­ne uit­ge­bars.

“Ek is su­per te­vre­de met my oor­win­ning. Dit was ’n on­ge­loof­li­ke weg­spring in Duits­land. Ek sal ver­keerd wees as ek sê daar was nie druk op my nie. Dit was my mik­punt om in Duits­land te be­gin en die s­kof te wen,” het Kit­tel ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.