Horn maak ge­skie­de­nis in ge­veg teen Pa­cqui­ao

Beeld - - Sport - – Mi­cha­el Green

Nie­mand in die boks­wê­reld sal nou meer vra: “Jeff wie?”, soos voor Jeff Horn se ge­veg gis­ter­og­gend (SA tyd) teen Man­ny Pa­cqui­ao nie.

Want dié Aus­tra­li­ër het in die Sun­corp­sta­di­on in B­ris­ba­ne vir een van die groot­ste op­skud­dings in die mo­der­ne boks­ge­skie­de­nis ge­sorg deur die le­gen­da­rie­se Fi­lip­pyn in ’n dra­ma­tie­se en bloe­di­ge ge­veg te klop en Pa­cqui­ao se wel­ter­ge­wig­ti­tel van die Wê­reld­boks­or­ga­ni­sa­sie (WBO) af te neem.

Horn en Pa­cqui­ao het in die laas­te paar ron­des lek­ker in­ge­klim en die so­wat 55 000 toe­skou­ers op hul voe­te ge­had.

Twee be­oor­de­laars het die ge­veg met 115­113 aan Horn toe­ge­ken en een het ge­dink die Aus­sie was met 117­111 baas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.