‘Ver­plet­ter dat on­ge­luk man eis,’ sê Ve­nus

Beeld - - Sport -

Die A­me­ri­kaan­se ten­nis­spe­ler Ve­nus Wil­li­ams is “ver­plet­ter” oor die mo­tor­on­ge­luk waar­in sy be­trok­ke was wat ’n man se le­we ge­ëis het.

Wil­li­ams het Sa­ter­dag die eer­ste keer ge­re­a­geer op dié on­ge­luk, wat lui­dens ’n po­li­sie­ver­slag wat Don­der­dag uit­ge­reik is, haar skuld was. “Ek is ver­plet­ter oor die on­ge­luk. Ek be­tuig my in­ni­ge mee­ge­voel met die fa­mi­lie en v­rien­de van Je­ro­me Bar­son,” skryf sy op haar Facebook­blad.

Mi­cha­el S­tein­ger, die Bar­son­ge­sin se pro­ku­reur, het aan ABC ge­sê hul­le gaan Wil­li­ams van roe­ke­lo­se be­stuur aan­kla. Wil­li­ams se Toyo­ta Se­quoia het op 9 Ju­nie in Palm Be­ach Gar­dens, Flo­ri­da, teen ’n Hyun­dai Accent, wat deur Bar­son (78) se vrou, Lin­da, be­stuur is, ge­bots.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.