‘Net Su­per­tro­fee tel uit­ein­de­lik’

‘Har­de werk lê in die vol­gen­de paar we­ke voor’

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Die e­nig­ste tro­fee wat saak maak, is die een wat oor ’n paar we­ke om­hoog ge­hou gaan word as die Su­per­rug­by-kam­pi­oen ge­kroon word.

Só het Jo­han Ac­ker­mann, af­rig­ter van die Leeus, Sa­ter­dag ge­re­a­geer op die tro­fee wat sy span as wen­ners van die SuidA­fri­kaan­se af­de­ling ver­o­wer het.

Die wyd­te van die Ka­roo skei die Leeus (61 pun­te ná 14 wed­stry­de) van die S­tor­mers (34 ná 13), die SA span met die naas­mees­te pun­te.

“Oor ’n maand sal nie­mand eg­ter ont­hou wie die wen­ner van die Suid-A­fri­kaan­se af­de­ling was nie en dit sal ook nie saak maak nie,” sê Ac­ker­mann.

“Dit is die Su­per-tro­fee as die al­ge­he­le wen­ner wat gaan tel. Niks an­ders nie,” het Ac­ker­mann Sa­ter­dag­aand ge­sê na­dat sy span die Sun­wol­ves met 94-7 oor­rom­pel het en ook die tro­fee as die voor­ste SA span in die reeks ont­vang het.

Die fees­vie­rin­ge met daar­die tro­fee was baie be­deesd aan­ge­sien die Leeus be­sef hul­le het nog ’n lang pad om te loop in hier­die reeks.

Die pun­te­ver­skil van 87 in die se­ge oor die Sun­wol­ves is net twee min­der as die Su­per- re­kord van 89 wat die Bul­le in 2007 op­ge­stel het toe hul­le die Reds met 92-3 ge­klop het.

Dit is die groot­ste se­ge wat die Leeus nog be­haal het en die mees­te pun­te wat dié span nog in ’n Su­per­wed­stryd aan­ge­te­ken het. Hul vo­ri­ge mees­te was 65 – i­ro­nies ge­noeg in ’n ver­loor­wed­stryd toe die C­hiefs hul­le met 72-65 ge­klop het.

Die laas­te van die Leeus se 14 d­rieë was skaars ge­druk toe die grap­pies op so­si­a­le me­dia be­gin vlieg het.

Die eind­tel­ling van 94-7 is ver­ge­lyk met een van die Leeus se me­di­a­bor­ge, die ra­di­o­sta­sie Hig­hveld S­te­reo 94.7.

Daar is ook ge­spot dat die Leeus met die eind­tel­ling op hul trui op die veld ge­draf het, aan­ge­sien 94.7 op die skou­er van hul trui ver­skyn.

Ac­ker­mann het sy spe­lers ge­waar­sku dat daar har­de werk in die vol­gen­de paar we­ke voor­lê in­dien hul­le ook die groot prys, die Su­per-tro­fee, om­hoog wil hou.

Ja­co K­riel, wat die kap­tein­skap vir die res van die Su­per­sei­soen by die be­seer­de War­ren W­hi­te­ley, oor­ge­neem het, het ’n be­sie­len­de ver­to­ning ge­le­wer. Sy eer­ste drie, waar hy met bru­te krag ses ver­de­di­gers ge­klop het en hom uit ver­skeie duik­slae los­ge­wik­kel het, was ’n lus vir die oog en sal nog lank ont­hou word.

“Ek het nie die ver­moë om die spe­lers met woor­de te in­spi­reer nie en moet dit dus doen met die ma­nier waar­op ek speel en deur lei­ding op die veld te neem deur die voor­beeld wat ek stel,” sê K­riel.

Nóg een van die Leeus se ster­re, die B­lits­bok K­wag­ga S­mith, sê hul­le het voor­be­rei vir ’n veel taai­er stryd as wat dit uit­ein­de­lik was en er­ken daar was en­ke­le kan­se wat ver­brou is om ’n 100-tal te be­haal.

Die Leeus het nog twee keer ag­ter die doel­lyn gaan draai, maar tel­kens het die TV-skeids­reg­ter iets ge­sien om dit nie toe te ken nie.

Fo­to: GALLO IMAGES

Die Leeus­flank Ross Cron­jé duik oor vir een van sy span se 14 d­rieë Sa­ter­dag teen die Sun­wol­ves op El­lis­park.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.