Rug­by het só ’n toets ‘al baie lank no­dig’

Beeld - - Sport -

Die op­win­ding van ’n be­slis­sen­de toets tus­sen die All Blacks en B­rit­se en Ier­se Leeus is wat rug­by “al vir lank no­dig het”.

Só sê die All Blacks se af­rig­ter, S­te­ve Han­sen, wie se span Sa­ter­dag met 21-24 in Wel­ling­ton in die twee­de toets in die stof ge­byt het. Nieu-See­land moes vir 55 mi­nu­te met 14 spe­lers speel na­dat Son­ny Bill Wil­li­ams (bin­ne­sen­ter) in die eer­ste helf­te ’n rooi­kaart ge­kry het vir vuil­spel.

Hy het An­tho­ny Watson (vleu­el) met die skou­er ge­loop.

Die Ki­wi’s het die eer­ste toets met 30-15 ge­wen.

Die der­de toets word Sa­ter­dag in Auck­land be­slis.

“Al­mal gaan op­ge­won­de wees voor die der­de toets. Dit gaan puik wees. Rug­by het so iets al baie lank no­dig,” het Han­sen gis­ter aan joer­na­lis­te ge­sê.

“Al­mal se se­nu­wees gaan ’n bie­tjie knaag, want die reeks kan e­ni­ge kant toe be­slis word. Dis sul­ke oom­blik­ke in die ge­skie­de­nis waar op­ge­won­de jong men­se sê hul­le wil deel wees van rug­by – nie net as spe­lers nie, maar ook as on­der­steu­ners. Hoe op­win­dend is dít nie?”

Wil­li­ams is gis­ter vir vier we­ke ge­skors.

Han­sen het die sen­ter Ma­la­kai Fe­ki­toa by sy groep vir die laas­te toets be­trek.

Die Leeus se voor­keur-oop­kant­flank, Se­an O’B­rien, het ’n skor­sing vir ge­niep­si­ge spel vry­ge­spring.

O’B­rien is ná die wed­stryd uit­ge­wys vir ’n voor­val in die 59ste mi­nuut waar sy voor­arm met die vleu­el Wai­sa­ke Na­ho­lo se ge­sig kon­tak ge­maak het. Dit het ge­beur ter­wyl O’B­rien be­sig was om by ’n duik­slag aan te sluit. Na­ho­lo het in die pro­ses har­sing­skud­ding op­ge­doen.

’n Tug­ko­mi­tee het eg­ter be­vind dat daar nie ge­me­ne spel be­trok­ke was nie.

O’B­rien het in sy re­ak­sie ge­sê hy hoop Na­ho­lo het nie erns­tig seer­ge­kry nie.

War­ren Gat­land, die Leeus se brei­er, sê O’B­rien is ’n “taai, maar reg­ver­di­ge spe­ler”.

Fo­to: GETTY IMAGES

S­te­ve Han­sen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.