Ver­non reg vir eer­ste toets teen En­ge­land

Beeld - - Sport - Al­tus Mom­berg

Daar was die na­week da­rem goeie nuus vir die Pro­te­as op sy re­de­li­ke mis­moe­di­ge toer van En­ge­land.

Ver­non P­hi­lan­der, die Pro­te­as se er­va­re naat­bou­ler, het vol­ko­me her­stel van sy en­kel­be­se­ring wat hom uit die wed­stry­de teen die En­gel­se Li­ons ge­hou het en be­hoort op sy pos te wees in die eer­ste toets teen En­ge­land wat Don­der­dag op Lord’s be­gin. P­hi­lan­der het Sa­ter­dag ’n fiks­heids­toets ge­slaag.

Die Pro­te­as se drie­dag­wed­stryd teen En­ge­land se naas­bes­tes in Wor­ces­ter het on­be­slis ge­ein­dig, maar nie na­dat die Pro­tea-bou­lers ef­fe ge­sweet het om paal­tjies te kry nie. Die Li­ons het 266/4 be­reik toe spel ge­staak is met die to­por­de-kol­wer Tom We­st­ley wat ’n on­oor­won­ne 106 (165 bal­le; 20x4) ge­mo­ker het. Twee van die kol­wers wat in die En­gel­se toets­groep is, Ke­a­ton Jen­nings en Ga­ry Bal­lan­ce, het al­bei vyf­tig­tal­le aan­ge­te­ken.

Mor­né Mor­kel was die e­nig­ste van die waar­skyn­li­ke le­de van die toets­aan­val wat ’n paal­tjie ge­kry het, maar die wed­stryd was da­rem goeie wed­stryd­oe­fe­ning vir al die bou­lers. Mor­kel (1/49), Ka­gi­so Ra­ba­da (0./59) en Kes­hav Ma­ha­raj (0./46) sal saam met P­hi­lan­der heel waar­skyn­lik die bou­l­aan­val vorm. Al drie bou­lers het min­stens 16 boul­beur­te in die wed­stryd ge­boul.

Mor­kel se boul­werk se­dert hy van ’n rug­be­se­ring her­stel het, is puik nuus vir die Pro­te­as. Hy was die Pro­te­as se bes­te bou­ler in Maart in die toets­reeks teen Nieu-See­land.

Dit was skyn­baar ’n uit­ste­ken­de kolf­blad vir die kol­wers. Bal­lan­ce, Jen­nings en We­st­ley het Sa­ter­dag uit­ste­kend ge­vaar, maar vier van die Pro­te­as – Hei­no Kuhn (80*), Hashim Am­la (91*), Quin­ton de Kock (51) en Tem­ba Ba­vu­ma (85*) het Vry­dag vyf­tig­tal­le aan­ge­te­ken. ) En­ge­land het in­tus­sen sy groep ge­kies vir die eer­ste toets. Jen­nings be­hoort die beurt saam met die voor­ma­li­ge kap­tein, Alas­tair Cook, te be­gin.

En­ge­land (uit): Joe Root (k), Alas­tair Cook, Ke­a­ton Jen­nings, Ga­ry Bal­lan­ce, Jon­ny Bair­stow, Ben S­to­kes, Moeen Ali, Li­am Daw­son, To­by Ro­land­Jo­nes, S­tu­art Bro­ad, Mark Wood, Jim­my An­der­son.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.