‘Die­de­rik’ en kie in on­ge­luk

Beeld - - Front Page - Na­di­ne T­heron

Wat sal jy op­of­fer vir oor­le­wing?

Dit is die vraag wat agt 7de Laan- ka­rak­ters hul­self bin­ne­kort gaan af­vra wan­neer ’n uit­stap­pie na ’n wild­plaas in M­pu­ma­lan­ga in ’n gru­we­li­ke nag­mer­rie ont­aard.

Vry­dag is ’n lok­prent op die amp­te­li­ke 7de Laan- Fa­ce­book­blad ge­plaas waar­in Die­de­rik (Hen­nie Ja­cobs), Mar­ko (Fran­cois Lens­ley), Wil­lem (Mar­kus Ha­y­wood), Ri­kus (An­dré Lot­ter), A­mo­rey (K­ris­ten Raath), A­lexa (Ca­ri­na Nel), Su­na (A­nel Be­ster) en Pe­tro (Car­la van der Mer­we) in ’n vlieg­on­ge­luk be­trok­ke is.

“Vas­ge­vang in die kloue van vrees, ver­wyt en ver­lies, maar jy sien geen uit­koms nie.

“Wat sal jy op­of­fer vir oor­le­wing?

“Wys jy jou wa­re kleu­re of soek jy die mak­li­ke uit­weg?

“Groot be­proe­wing bring groot ont­hul­lings vir ge­lief­des uit die Laan,” lui die be­skry- wing wat by die lok­prent ge­plaas is. Ro­sa Eras­mus, 7de Laan se woord­voer­der, sê ky­kers moet op 7 Ju­lie voor die te­le­vi­sie in­skuif as hul­le die on­ge­luk wil sien.

Die oor­le­wing­stryd wat op die on­ge­luk volg, sal vir ’n week daar­na in die se­pie af­speel, sê sy.

Eras­mus kon nie be­ves­tig of al die ka­rak­ters oor­leef nie, maar in die lok­prent lyk dit of ver­skeie van hul­le se le­we be­dreig word.

“Men­se moet maar kyk om te sien hoe die ka­rak­ters om oor­le­wing veg,” sê Eras­mus.

In die lok­prent kan ge­sien word hoe ’n klein vlieg­tui­gie in ’n oer­woud­ag­ti­ge om­ge­wing neer­stort.

“Hul­le val in ’n ge­bied waar nie­mand hul­le kan be­reik nie,” sê Eras­mus.

’n Vuis­ge­veg, woor­de­wis­se­lings, ’n slang, ly­ke, spin­ne­kop­pe en ’n warm vry­e­ry is van die to­ne­le wat in die lok­prent te sien is.

“Ons gaan sien hoe hul­le vir kos en wa­ter soek,” sê Eras­mus.

“Maar baie din­ge loop skeef. Al­les wat ver­keerd kan gaan, gaan ver­keerd.”

Vol­gens Eras­mus pro­beer 7de Laan dees­dae om gren­se te ver­skuif.

“Ons het nog nooit ’n bui­te­op­na­me ge­doen nie, so dit was ’n lek­ker uit­da­ging vir die ak­teurs en die res van die span,” sê Eras­mus.

Vol­gens haar was dit vir al­mal ’n nu­we er­va­ring.

Die to­ne­le is langs die Hen­nops­ri­vier in P­re­to­ria ver­film.

“Dis ’n eer­ste vir 7de Laan en ook vir die se­pie­be­dryf,” sê Eras­mus.

Fo­to’s: SKERMGREPE

Die­de­rik G­rey­ling kyk om hom rond ná die vlieg­on­ge­luk, waar­in hy saam met se­we an­der ka­rak­ters van 7de Laan in ’n oer­woud ge­strand is.

Ro­sa Eras­mus, 7de Laan se woord­voer­der, sê sy kan nie be­ves­tig of e­ni­ge ka­rak­ters sterf in die sto­rie­lyn wat op die vlieg­on­ge­luk volg nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.