Ses mans in die vrou­e­li­ga

Beeld - - Front Page - – L­le­wel­lyn P­rin­ce

Die ses mans in die ANC-vrou­e­li­ga se af­vaar­di­ging by die ANC se na­si­o­na­le be­leids­kon­fe­ren­sie is gen­de­r­ak­ti­vis­te in eie reg wie se by­drae tot ’n ver­e­nig­de, nie­sek­sis­tie­se sa­me­le­wing waar­deer word.

Bat­ha­bi­le Dla­mi­ni, pre­si­dent van die vrou­e­li­ga, het gis­ter só te­rug­ge­kap na­dat die Sun­day Ti­mes be­rig het dat Dla­mi­ni in ’n on­der­houd met die koe­rant ge­sê het die mans moet die vrou­e­li­ga se af­vaar­di­ging by die kon­fe­ren­sie ver­sterk om­dat vroue “te e­mo­si­o­neel” raak in de­bat­te.

Die ANC-vrou­e­li­ga het ge­sê hul­le is nie ge­skok of ver­ras deur die Sun­day Ti­mes, “die mond­stuk van ne­o­li­be­ra­le”, se “po­li­ties ge­mo­ti­veer­de” be­rig nie.

Die li­ga ont­ken dat Dla­mi­ni en Me­ok­go Ma­tu­ba, die vrou­e­li­ga se se­kre­ta­ris-ge­ne­raal, in hul on­der­houd met die koe­rant oor “e­mo­sies” ge­praat het. Vol­gens die li­ga het die twee net aan die koe­rant ge­sê dat vroue nie in al­le sek­to­re ver­teen­woor­dig is nie, soos by­voor­beeld in grond en land­bou, en dat hul­le oor dié kwes­sies nou saam­werk met ’n man­li­ke pro­fes­sor van die Dr. John Lan­ga­li­ba­le­le Du­be-in­s­ti­tuut.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.