Ak­teur en en­tre­pre­neur

Ge­or­ge Cloon­ey dalk bin­ne­kort ’n mil­jar­dêr? Vol­gens C­han­nel24 het die drank­reus Di­a­gio on­langs aan­ge­dui dat hy Cloon­ey se te­qui­la­maat­skap­py, Ca­sa­mi­gos, vir $1 mil­jard wil koop. Die ak­teur en een van sy ven­no­te, Ran­de Ger­ber (Cin­dy Cra­w­ford se man), het di

Beeld - - Sake Nuus -

O­prah Win­frey (63) TV­per­soon­lik­heid, ak­tri­se en ei­e­naar van ’n TV­netwerk Dié eer­ste swart vrou­e­mil­jar­dêr het op 19 as ’n nuus­le­ser be­gin. In 1983 het sy AM C­hi­ca­go be­gin aan­bied, wat la­ter her­doop is tot The O­prah Win­frey S­how. Die laas­te e­pi­so­de is op 25 Mei 2011 uit­ge­saai.

Die pre­si­dent van Har­po Pro­ducti­ons het ook in 2011 haar eie ka­naal, OWN: O­prah Win­frey Net­work, ge­stig.

In 1985 was sy in S­te­ven S­piel­berg se fliek The Co­lor Pur­ple en is daar­voor vir ’n Os­car be­noem. Dank­sy ver­skeie me­dia­er­va­rings as uit­ge­wer, op TV, die ra­dio en die in­ter­net het sy op 32 ’n mil­joe­nêr ge­word.

Win­frey het op 14 swan­ger ge­raak en op skool al by ’n ra­di­o­sta­sie ge­werk.

Hoe­veel in die bank?

$3 mil­jard

Q Paul Le­o­nard Ne­w­man (83) Ak­teur en kos­mag­naat

Ne­w­man het in 1986 ’n Os­car ge­wen vir sy rol in The Co­lor of Mo­ney en hy het ook die kos­maat­skap­py, Ne­w­mans Own, in 1982 ge­stig.

Die maat­skap­py gee 100% van sy wins­te ná be­las­ting aan lief­da­dig­heid. Dit het be­gin met slaai­sous wat Ne­w­man self ge­maak het en as ge­sken­ke aan v­rien­de ge­gee het.

Ná ’n be­leg­ging van $20 000 is dit in ’n vol­waar­di­ge on­der­ne­ming om­skep met pro­duk­te soos pas­ta­sous, be­vro­re piz­za, li­mo­na­de, smoo­thies, spring­mie­lies, sal­sa en drui­we­sap.

In 1993 het sy dog­ter Ne­w­man’s Own Or­ga­ni­cs ge­stig, wat fo­kus op or­ga­nie­se kos soos sjo­ko­la­de, koe­kies, pret­zels en troe­tel­dier­kos.

In 2016 het Ne­w­man’s Own al so­veel vir lief­da­dig­heid ge­skenk:

$460 mil­joen

Jes­si­ca Ma­rie Al­ba (36) Ak­tri­se en sa­ke­vrou

Al­ba is al van 1994 ’n ak­tri­se en ver­al be­kend vir haar rol­le in die TV­reeks Dark An­gel en die flieks Fan­tas­tic Four, Sin Ci­ty, Ho­ney en In­to the Blue.

Sy het in 2012, ná die ge­boor­te van haar eer­ste kind, die Ho­nest Com­pa­ny ge­stig. Dit ver­koop huis­hou­de­li­ke pro­duk­te met ’n klem op nie­gif­ti­ge be­stand­de­le. Sy be­sit 15% tot 20% van die maat­skap­py.

Al­ba het dit aan­ge­pak na­dat haar eer­ste­ling ’n er­ge uit­slag ont­wik­kel het weens ’n ba­ba­pro­duk. Om­dat baie ba­ba­pro­duk­te op die mark sin­te­tie­se geur­mid­dels en pe­tro­che­mi­ka­lieë be­vat, het sy en haar ven­no­te be­sluit om die maat­skap­py in 2011 met 17 pro­duk­te be­kend te stel.

Hoe­veel in die bank?

$200 mil­joen

Ke­vin Mi­cha­el Cos­t­ner (62) Ak­teur en mu­si­kant

Cos­t­ner is al be­kroon met twee Os­cars en speel ook in ’n coun­try­groep, Ke­vin Cos­t­ner & Mo­dern West.

Hy het ook ’n noue ver­bin­te­nis met die A­me­ri­kaan­se Nas­car.

In 1995 het Cos­t­ner ’n o­lie­skei­dings­ma­sjien ont­wik­kel na­dat hy die maat­skap­py O­ce­an T­her­a­py So­lu­ti­ons vir $24 mil­joen van die A­me­ri­kaan­se re­ge­ring ge­koop het.

Nie­mand het be­lang ge­stel in die ma­sjie­ne nie tot die Deep Ho­ri­zon

o­lie­lek in 2010. Daar­na het BP ses van die ma­sjie­ne vir $52 mil­joen van O­ce­an T­her­a­py So­lu­ti­ons ge­koop.

Cos­t­ner het ook ’n be­lang in ’n ca­si­no in Suid­Da­ko­ta.

Hoe­veel het hy in die bank?

$250 mil­joen

Beyon­cé Gi­sel­le K­no­w­les (35) San­ge­res en ak­tri­se

Sy het wê­reld­be­kend ge­raak as lid van die groep De­s­tiny’s C­hild en ook dank­sy haar so­lo­sang­loop­baan. Sy was ook ak­tri­se in Aus­tin Po­wers: Gold­mem­ber en D­re­am­gi­rls.

Sy en haar man, Jay Z, het ’n Guin­ness­wê­reld­re­kord op­ge­stel as die eg­paar wat die mees­te geld in een jaar ge­maak het – $122 mil­joen in 2009.

Sy het met­ter­tyd haar vler­ke ge­sprei en ook be­lê in an­der on­der­ne­mings, soos ’n mo­de­ en par­fuum­reeks. Haar mo­de­huis se naam is Hou­se of Deréon. Sy het ook ’n be­lang in ’n ve­ge­ta­rie­se kos­af­le­we­rings­diens, 22 Days Nutri­ti­on. Saam met an­der mu­si­kan­te be­sit sy ’n aan­deel in die aan­lyn stroom­diens Ti­dal.

Hoe­veel in die bank?

$350 mil­joen

Andrew Ep­p­ley S­hue (50) Ak­teur en in­ter­ne­tin­no­veer­der

Hy is be­kend vir sy rol in Mel­ro­se Pla­ce in die 1990’s en as die broer van E­li­sa­beth S­hue.

In 1989, ná u­ni­ver­si­teit, het hy Zim­bab­we be­soek as wis­kun­de­on­der­wy­ser en sok­ker ge­speel vir die Bu­la­wa­yo High­lan­ders. In dié tyd was hy die e­nig­ste wit spe­ler in Zim­bab­we se pre­mier­sok­ker­liga.

Hy het van 1992 tot 1999 in die TV­reeks Mel­ro­se Pla­ce ge­speel, maar het in 2006 saam met sy bes­te vriend die so­si­a­le netwerk Ca­feMom ge­stig. Dit bied ’n aan­lyn ge­meen­skap vir ma’s waar hul­le ad­vies en i­dees kan uit­ruil.

Dit het ge­lei tot an­der web­wer­we soos The S­tir en Ba­by Na­me Wi­zard.

Hoe­veel in die bank?

$150 mil­joen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.