Nu­we GPI­hoof wil weg baan vir vroue

Beeld - - Sake Nuus -

Die Kaap­se be­mag­ti­gings­groep Grand Pa­ra­de In­ves­t­ments wat Bur­ger King en Dun­kin’ Do­nuts in Suid­A­fri­ka be­stuur, het vir die eer­ste keer in sy ge­skie­de­nis ’n vrou aan die stuur van sa­ke na­dat Ta­sneem Kar­riem (36) as uit­voe­ren­de hoof aan­ge­stel is. Fran­cois Wil­li­ams het met haar ge­sels.

Ver­tel meer van jou ag­ter­grond en jou loop­baan tot dus­ver?

Ek kom uit ’n tra­di­si­o­ne­le, heg­te Kaaps-Ma­lei­se fa­mi­lie waar ek van vroeg af ge­leer is om on­af­hank­lik te wees en my­self te gaan op­voed.

My pa het let­ter­lik twee wer­ke ge­had – be­dags as gas­teg­ni­kus by Groo­te S­chuur-hos­pi­taal en saans as lood­gie­ter – en ge­spaar om my na goeie sko­le te kan stuur. My ma het ’n vis-en-sky­fie- en weg­neem­e­te-on­der­ne­ming be­gin om te help.

Ek het ’n BCom-graad in re­ke­ning­kun­de aan die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad be­haal en ’n ge­ok­trooi­eer­de re­ken­mees­ter ge­word.

In die vroeë 2000’s het ek my klerk­skap by PwC ge­doen. Ek was so­wat vyf jaar by PwC, waar­van een jaar in Lon­den.

Dit het eg­ter vir my ver­ve­lig ge­word en ek het in 2008 by Se­kun­ja­lo (nou be­kend as AEEI) be­gin werk in hul kor­po­ra­tie­we fi­nan­sie­rings­af­de­ling. Dit was baie op­win­dend om be­trok­ke te wees by die sluit van tran­sak­sies. Ek het twee en ’n half jaar daar ge­werk en toe ge­skuif na die ou­dit­groep Ernst & Young in Jo­han­nes­burg, waar ek ook be­trok­ke was by kor­po­ra­tie­we fi­nan­sie­ring en tran­sak­sies.

Dit was heer­lik om reg­tig be­trok­ke te raak by on­der­soe­ke, nou­let­tend­heid­stu­dies en aan­bie­dings. Ek het vyf jaar daar ge­werk voor­dat ek Grand Pa­ra­de In­ves­t­ments se kor­po­ra­tie­we-fi­nan­sie­rings­af­de­ling be­gin het. Tot in daar­die sta­di­um het GPI heel­wat be­taal aan bui­te­stan­ders om dié ta­ke te ver­rig, en dit het heel­wat doel­tref­fend­heid en kos­te­ver­la­gings mee­ge­bring.

Ek is in Sep­tem­ber ver­le­de jaar in die GPI-di­rek­sie aan­ge­stel, en ook as nie-uit­voe­ren­de di­rek­teur in S­pur se di­rek­sie op grond van GPI se 10%-be­lang in S­pur.

As die maat­skap­py se eer­ste vrou­li­ke uit­voe­ren­de hoof en een van net ’n hand­vol vroue aan die stuur van JSE­ge­no­teer­de maat­skap­pye, wat kan ge­doen word om meer vroue in sa­ke­lei­ers­rol­le te kry?

Dit is waar­skyn­lik so in die mees­te an­der maat­skap­pye, maar selfs toe ek hier in­ge­stap het in ’n mans­om­ge­wing, moes ek as vrou my stem meer ver­hef om ge­hoor te word.

Dis ’n kul­tu­re­le in­ge­steld­heid wat moet ver­an­der. Vroue steek nie hul han­de op om lei­ers­rol­le vir hul­self op te eis nie. Ons voel dik­wels skul­dig as vroue – ek is ’n ma van ’n t­wee­ling – maar waar­om kan jy nie dub­bel be­voor­reg wees nie?

Maat­skap­py­lei­ers moet ver­ant­woor­de­lik­heid aan­vaar om vir vroue meer ruim­te te skep in lei­ers­rol­le.

Dis waar­om my aan­stel­ling so be­lang­rik is, want ek kan die weg baan vir an­der vroue om op te be­weeg in die maat­skap­py.

Jy het voor­heen by AEEI ge­werk. Hoe werk dit dat van die suk­ses­vol­ste swart­be­mag­ti­gings­be­leg­gings­groe­pe in die Kaap is, soos AEEI, B­rims­to­ne en GPI?

Daar is ’n ge­son­de me­de­din­ging, hoe­wel elk­een van ons in ver­skil­len­de be­dryf­sek­to­re is. Ek dink daar is ’n vriend­skap­li­ke al­li­an­sie tus­sen die groe­pe. Elk van die groe­pe het diep­ge­wor­tel­de waar­des en hul­le wil te­rug­ploeg in die ge­meen­skap.

Elk­een het ’n groot aan­tal ge­meen­skaps­aan­deel­hou­ers, lang­ter­myn­be­leg­gers wat ge­trou vir hul jaar­lik­se di­vi­den­de wag. Dis nie soos som­mi­ge in­sti­tu­si­o­ne­le be­leg­gers wat op kort­ter­myn­wins ge­fo­kus is nie.

Die lei­ers van die maat­skap­pye gee werk­lik om vir die ge­meen­skap en hier­die ba­sis van ge­meen­skaps­aan­deel­hou­ers.

Wat het jy ge­leer uit jou vo­ri­ge wer­ke wat jy kan toe­pas as uit­voe­ren­de hoof?

Een mens kan nie al­les doen nie. Om­ring jou met die reg­te be­stuur­span. Elk­een het ’n rol om te speel en jy moet toe­sien dat hul­le dit ten bes­te speel. Hulp­bron­ne, het­sy in die vorm van men­se of geld, moet ook reg ge­bruik word.

Wat is die groot­ste uit­da­gings tans vir GPI in die hui­di­ge e­ko­no­mie­se om­ge­wing?

Ons han­dels­mer­ke soos Bur­ger King en Dun­kin’ Do­nuts is re­la­tief nuut en jonk in Suid-A­fri­ka, maar ek glo ons het dit reg­ge­kry om die e­ko­no­mie­se storm te oor­leef deur by­voor­beeld by Bur­ger King heel­wat van die pro­duk­te plaas­lik te kry. Bur­ger King is dus nie so erg bloot­ge­stel aan wis­sel­koers­ri­si­ko’s nie. Dié kits­kos­groep is ge­fo­kus op LSM7-ver­brui­kers­groe­pe en hoër, maar het ook sy aan­bod uit­ge­brei na waar­de-vir-geld-e­tes. Ons werk aan stra­te­gieë om die ver­keer na die win­kels te laat groei.

Dun­kin’ Do­nuts het bloot­stel­ling aan die va­lu­ta­mark om­dat baie van die o­lie­bol­le in­ge­voer word, maar ons is be­sig om ’n plaas­li­ke bak­ke­ry in Ep­ping in te rig. Die plan is dat dit in Ok­to­ber in be­dryf sal wees.

Fo­to: GPI

Ta­sneem Kar­riem, nu­we uit­voe­ren­de hoof van Grand Pa­ra­de In­ves­t­ments, sê kor­po­ra­tie­we lei­er­skap én vroue self het ’n rol te speel om vroue ’n ster­ker ver­teen­woor­di­ging in sa­ke­lei­er­skap te gee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.