Raai­sel waar­om sweef­tuig val wat sy le­we eis

Beeld - - Front Page - Seug­net van Zyl

Hy het ure in sy val­skerm­sweef­tuig in die lug deur­ge­bring en fo­to’s van sy a­von­tu­re ge­neem.

Hy het dié sport­soort be­oe­fen soos hy ge­leef het: met vol­le oor­ga­we.

So ver­tel S­chalk Both­ma van sy swa­er, Mark Hen­dra (36) van Cen­tu­ri­on, wat Son­dag­mid­dag dood is toe sy val­skerm sweef­tuig ge­val het.

Both­ma sê die on­ge­luk is on­ver­klaar­baar.

“Ek kan dit glad nie ver­staan nie.

“Ek bid dat God my een­dag die in­sig en be­grip sal gee, maar tot dan ver­staan ek dit nie.”

Hen­dra was gaan­de oor dié sport­soort. Hy het dit al so­wat ’n jaar lank be­oe­fen.

“Hy was waar­lik lief daar­voor,” sê Both­ma.

Nood­diens­wer­kers van ER24 is om­streeks 17:00 na die to­neel ont­bied waar Hen­dra ge­val het.

A­drien­ne Vis­ser, voor­sit­ter van die Grass­lands-sport­klub, sê Hen­dra was ’n ge­li­sen­si­eer­de lid van die klub.

Die on­ge­luk het ’n ent weg van die klub in Sun­der­land­rif, Cen­tu­ri­on, in ’n veld ge­beur.

’n Lid van die klub het nood­be­han­de­ling op Hen­dra toe­ge­pas.

“Daar was niks wat ons kon doen nie. Dit was te laat.”

Vis­ser sê dit was ’n ge­wo­ne Son­dag­mid­dag en ver­skeie an­der val­skerm­swe­wers het ook ge­vlieg.

Lou­i­se Li­ver­sed­ge van die Suid-A­fri­kaan­se Hang- en Val skerm­sweef ver­e­ni­gings ê die ver­e­ni­ging on­der­soek die voor­val.

Hen­dra se toe­rus­ting sal ook on­der­soek word.

Both­ma sê Hen­dra het so­wat twee jaar ge­le­de die Cen­tu­ri­on­tak van sy on­der­ne­ming, TNW Da­ta and E­lec­tri­cal, ge­o­pen.

Hen­dra was ’n di­rek­teur van die maat­skap­py.

“Mark was ’n ge­lief­de seun, broer, oom en ’n ge­re­spek­teer­de swa­er. Hy was ’n hel­der ster wat die le­we en sa­ke vol­uit aan­ge­pak het,” sê Both­ma.

Fo­to: FA­CE­BOOK

Mark Hen­dra in sy ge­lief­de val­skerm­sweef­tuig. Inlas: Hen­dra in ak­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.