‘Dè, kom haal al jul trei­ne’

DA kla But­he­le­zi aan oor ‘voor­deel’

Beeld - - Front Page - – News24

Vat jul lo­ko­mo­tie­we te­rug – die kontrak het nooit werk­lik be­staan nie.

Dit was gis­ter die bood­skap van Po­po Mo­le­fe, voor­sit­ter van die di­rek­sie van die Pas­sa­sier­spoor­a­gent­skap van Suid-A­fri­ka (Prasa), aan die oor­se­se maat­skap­py wat in­ge­vol­ge ’n kor­rup­te ten­der lo­ko­mo­tie­we ge­le­wer het wat nie vir plaas­li­ke spoor­ly­ne ge­skik is nie.

Die hoog­ge­regs­hof in Jo­han­nes­burg het gis­ter be­veel dat die kontrak vir die lo­ko­mo­tie­we wat Prasa en die maat­skap­py S­wi­fam­bo Re­al Le­a­sing in 2013 ge­sluit het, ter­sy­de ge­stel moet word. Die waar­de van die kontrak was aan­vank­lik R3,5 mil­jard, maar het met­ter­tyd tot R5 mil­jard ge­groei.

By­kans R4 mil­jard daar­van is reeds aan S­wi­fam­bo be­taal.

Die ba­lans van die kontrak was ’n kern­kwes­sie vir reg­ter E.J. Fran­cis.

“So­wat R1 mil­jard van o­pen­ba­re geld is nog nie aan S­wi­fam­bo oor­be­taal nie. Dit is ’n deur­slag­ge­wen­de fak­tor in die be­sluit om die kontrak op te hef.

“Die ge­bruik van daar­die geld tot die uit­sluit­li­ke voor­deel van S­wi­fam­bo kan nie in die o­pen­ba­re be­lang ge­reg­ver­dig word nie,” het hy ge­sê.

“Kor­rup­sie sal se­ë­vier as die hof nie hier­die ten­der ter­sy­de stel nie.”

Hy het ook ’n kos­te­be­vel teen S­wi­fam­bo, die re­spon­dent, toe­ge­staan. Na­dat S­wi­fam­bo die ten­der vir die ver­skaf­fing van 70 lo­ko­mo­tie­we in­ge­palm het, het hy die S­paan­se sub­kon­trak­teur Vos­sloh España aan­ge­stel.

S­wi­fam­bo het geen on­der­vin­ding in die be­dryf ge­had nie.

Prasa het toe 13 van Vos­sloh se blou A­fro4000-lo­ko­mo­tie­we in­ge­voer, maar hul­le was blyk­baar te hoog vir Suid-A­fri­ka se spoor­ly­ne.

S­wi­fam­bo het net “min­de­re ad­mi­nis­tra­tie­we ta­kies” be­har­tig, het Fran­cis ge­sê, ter­wyl Vos­sloh be­heer oor die uit­voe­ring van die kontrak ge­had het.

“Ge­noeg be­wy­se be­staan dat die re­ë­ling tus­sen S­wi­fam­bo en Vos­sloh op front­voor­hou­ding neer­kom.

“Dit is dui­de­lik S­wi­fam­bo was net ’n vals deel­ne­mer wat ver­goed is vir die ge­bruik van sy BSEB (breë swart e­ko­no­mie­se be­mag­ti­ging)-gra­de­ring.”

Hy het ge­sê in die ver­hou­ding tus­sen S­wi­fam­bo en Vos­sloh is die men­se uit­ge­buit wat juis deur BSEB-wet­ge­wing be­voor­deel moet word.

“Kor­rup­sie is ’n kan­ker wat sta­dig aan ons sa­me­le­wing knaag. As dit nie ge­keer word nie, sal dit ons he­le sa­me­le­wing ver­teer.

“C­he­mo­te­ra­pie is in dié ge­val ’n doel­tref­fen­de ge­nees­mid­del wat die kan­ker in die kiem sal smoor,” het Fran­cis ge­sê.

Mo­le­fe sê die uit­spraak staaf die di­rek­sie se vroe­ë­re voor­be­hou­de oor die o­ën­skyn­lik kor­rup­te ma­nier waar­op Prasa, on­der lei­ding van Lucky Mon­ta­na, die kontrak aan S­wi­fam­bo toe­ge­ken het.

Vol­gens Fran­cis het Mon­ta­na Prasa “soos ’n ti­ran be­stuur”.

Mo­le­fe sê die hof het die di­rek­sie se naam in ere her­stel.

“Dit is baie dui­de­lik dat kor­rup­sie ’n eu­wel in ons sa­me­le­wing is. Ons moet dit nie duld nie. Ons ver­wag van Vos­sloh om die lo­ko­mo­tie­we te­rug te neem Eu­ro­pa toe. Wat ons be­tref, is die kontrak on­wet­tig en het dit nooit werk­lik be­staan nie.”

Prasa se di­rek­sie het die hof laat in 2015 ge­na­der om die S­wi­fam­bo-kontrak te her­sien.

Dit was na­dat Rap­port be­rig het dat die A­fro4000-lo­ko­mo­tie­we nie ge­skik is vir Suid-A­fri­kaan­se spoor­ly­ne nie.

Die koe­rant het la­ter be­rig so­wat R80 mil­joen is deur Aus­well Mas­ha­ba, be­stu­ren­de di­rek­teur van S­wi­fam­bo, aan Ma­ria Go­mes, ’n An­go­le­se sa­ke­vrou, en Ge­or­ge Sa­be­lo, ’n pro­ku­reur, be­taal. Go­mes en Sa­be­lo het ge­sê hul­le het noue ban­de met p­res. Ja­cob Zu­ma. Mo­le­fe het des­tyds be­weer Mas­ha­ba het aan hom en an­der Prasa-di­rek­sie­le­de ge­sê Go­mes het aan­ge­voer sy ver­teen­woor­dig die ANC en 10% van die waar­de van die kontrak moet aan die par­ty be­taal word.

Die ANC het dit ont­ken. ) Die DA het gis­ter klag­te van kor­rup­sie teen S­fi­so But­he­le­zi, ad­junk­mi­nis­ter van fi­nan­sies, in­ge­dien weens die voor­deel wat hy na be­we­ring ge­kry het uit die toe­ken­ning van ten­ders toe hy Prasa se voor­sit­ter was.

Lucky Mon­ta­na

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.