Par­le­men­tê­re ko­mi­tee be­treur Ven­ter se dood

Beeld - - Nuus - – News24

Die par­le­ment se por­te­feul­je­ko­mi­tee oor kom­mu­ni­ka­sie het die on­lang­se in­ti­mi­da­sie van joer­na­lis­te ver­oor­deel en sy me­de­lye met die fa­mi­lie van Su­na Ven­ter uit­ge­spreek.

Humphrey Maxeg­wa­na, die voor­sit­ter, het gis­ter ge­sê die ko­mi­tee is hart­seer om te hoor van Ven­ter se dood.

Sy het ’n on­uit­wis­ba­re na­la­ten­skap.

“Die ko­mi­tee weet in wat­ter ma­te haar dood ge­kop­pel word aan die in- ti­mi­da­sie en mar­te­ling wat sy er­vaar het toe sy deel was van die SAUK-8.

“Mag haar siel in e­wi­ge vre­de rus.”

Ven­ter was een van die agt joer­na­lis­te wat wyd­ver­sprei­de wan­ge­drag by die SAUK ont­hul het wat tot ’n par­le­men­tê­re on­der­soek na die o­pen­ba­re uit­saai­er ge­lei het.

Haar lyk is op 29 Ju­nie in haar woon­stel in Fai­r­land, Jo­han­nes­burg, ge­vind.

S­tres­kar­di­o­mi­o­pa­tie, of “ge­bro­ke­hart-sin­droom”, wat erns­ti­ge swak­heid van die hart­spie­re kan ver­oor- saak, is vroe­ër by haar ge­di­ag­no­seer.

Haar fa­mi­lie glo die toe­stand is ver­oor­saak deur die trau­ma en lang tye van on­na­tuur­li­ke stres en uit­put­ting, in­dien dit nie ver­oor­saak is deur maan­de van in­ti­mi­da­sie nie.

“Daar is by ver­skeie ge­leent­he­de by haar woon­stel in­ge­breek, die rem­ka­bels van haar mo­tor is ge­sny en haar mo­tor­ban­de is stuk­kend ge­sny. Daar is op haar ge­skiet, sy is ont­voer en sy is op die Mel­vil­le-kop- pies aan ’n boom vas­ge­bind waar die gras rond­om haar aan die brand ge­steek is,” sê haar fa­mi­lie.

Maxeg­wa­na het ook die be­to­ging bui­te die ve­te­raan­re­dak­teur Pe­ter Bru­ce se huis deur die ra­di­ka­le or­ga­ni­sa­sie Black First Land First ver­oor­deel.

Die ko­mi­tee het Fi­ki­le M­ba­lu­la, mi­nis­ter van po­li­sie, se be­lof­te om ver­de­re drei­ge­men­te teen joer­na­lis­te vin­nig te han­teer, ver­wel­kom.

Fo­to: LUCKY MAIBI

Su­na Ven­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.