‘Mees­te myn­ba­se moet swart wees’

Beeld - - Nuus - Sel­lo­a­ne K­ha­la­ne

Af­ge­vaar­dig­des na die ANC-be­leids­kon­fe­ren­sie meen dat meer as 50% van die di­rek­sie­le­de van myn­maat­skap­pye swart moet wees, sê Mo­se­ben­zi Z­wa­ne, mi­nis­ter van mi­ne­ra­le bron­ne.

“Die af­ge­vaar­dig­des is te­vre­de met die nu­we myn­bou­hand­ves, maar nie met die 50%-doel­wit nie en meen dat dit met­ter­tyd ver­hoog moet word,” het Z­wa­ne gis­ter in Nas­rec in Jo­han­nes­burg ge­sê.

Daar sal met die Ka­mer van Myn­we­se in ge­sprek ge­tree word ná sy be­sluit om ’n in­ter­dik teen die toe­pas­sing van die nu­we myn­bou­hand­ves te pro­beer kry.

In­ge­vol­ge die nu­we hand­ves moet die helf­te van al­le di­rek­teu­re van myn­maat­skap­pye swart wees en al­le nu­we pro­spek­teer­reg­te moet be­heer word deur ’n ei­e­naar­struk­tuur van 50% plus een.

Die ka­mer sê hy is nie ge­raad­pleeg nie en myn­maat­skap­pye meen dat die per­sen­ta­sies on­be­kos­tig­baar is.

Z­wa­ne het ge­sê die mi­nis­te­rie pas ANC-be­leid toe en nie sy per­soon­li­ke be­leid nie.

Hy het ge­sê al­le stand­pun­te is in ag ge­neem toe die hand­ves aan­ge­pas is, maar nie al­mal sal te­vre­de wees met die aan­pas­sings nie. ) Gis­ter het Z­wa­ne aan die nuus­ka­naal eNCA ge­sê hy “weet niks” van die Gup­ta-ge­sin se be­trok­ken­heid by die sui­wel­pro­jek in Vre­de in die Vry­staat nie.

Hy was die pro­vin­sie se LUR vir land­bou toe die pro­jek be­gin is.

Die DA het gis­ter­og­gend straf­reg­te­li­ke klag­te teen on­der an­de­re Z­wa­ne en die drie Gup­ta-broers, A­tul, A­jay en Ra­jesh, in­ge­dien, be­rig El­sje du Toit.

Dit sluit klag­te van ram­pok­ke­ry, geld­was­se­ry, oor­tre­dings van die Wet op die Voor­ko­ming van Ge­or­ga­ni­seer­de Mis­daad en oor die in­die­ning van vals be­las­ting­op­ga­wes in.

Dit spruit uit in­lig­ting wat ver­kry is uit e-pos­bood­skap­pe in die #Gup­taLe­aks-ont­hul­lings.

Die or­ga­ni­sa­sies vir on­der­soe­ken­de joer­na­lis­tiek A­ma­bhun­ga­ne en S­cor­pio het ver­le­de week be­rig die Gup­tas het die sui­wel­pro­jek vir mil­joe­ne ran­de ge­melk en in 2013 dié geld ge­bruik om vir hul sus­ters­kind Ve­ga se uit­spat­ti­ge troue van vier dae lank in Sun Ci­ty te be­taal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.