Po­li­sie het nie Dla­mi­ni se lei­er­skap no­dig nie – DA

Beeld - - Nuus - – And­rea K­ü­sel

Die po­li­sie­diens kan nie ver­der weens die ge­vol­ge van swak lei­er­skap ly nie, sê Zak­he­le M­bhe­le, DA-woord­voer­der oor po­li­sie, ná die aan­stel­ling van Bat­ha­bi­le Dla­mi­ni as waar­ne­men­de mi­nis­ter van po­li­sie.

Dla­mi­ni neem waar ter­wyl Fi­ki­le M­ba­lu­la ’n kon­gres in die bui­te­land by­woon.

“Kom ons hoop dat sy nie te veel ska­de aan­rig ter­wyl sy aan die stuur van die po­li­sie is nie,” sê M­bhe­le.

M­bhe­le sê die po­li­sie­diens ly al die af­ge­lo­pe tien jaar on­der swak lei­er­skap.

“Die po­li­sie het nie die soort lei­er­skap no­dig wat sy ten ty­de van die kri­sis oor maat­skap­li­ke toe­lae ge­toon het nie,” sê hy.

Die mi­nis­te­rie het gis­ter­og­gend in ’n ver­kla­ring ge­sê Dla­mi­ni, mi­nis­ter van maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling, sal van 3 tot 7 Ju­lie die lei­sels by M­ba­lu­la oor­neem.

“Mi­nis­ter Fi­ki­le M­ba­lu­la het ’n seld­sa­me ge­leent­heid om ’n In­ter­pol-kon­gres by te woon,” lui die ver­kla­ring. Die be­kam­ping van ku­ber­mis­daad sal een van die be­spre­kings­pun­te op dié kon­gres wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.