S­peur­der sif 150 000 bood­skap­pe

Beeld - - Nuus - May­ge­ne de Wee

Met wie was Su­ni­ta van Dyk 02:48 die og­gend van die brand in kon­tak?

Dit is een van die vrae wat ’n pri­va­te s­peur­der pro­beer be­ant­woord in die on­der­soek na die dood van Su­ni­ta en haar man, Ja­c­ques, op 10 Mei.

Ja­c­ques se fa­mi­lie het die s­peur­der aan­ge­stel.

Die jong eg­paar het ge­sterf in ’n brand in hul huis op die plaas Jak­hals­vlei bui­te Wel­ling­ton waar Ja­c­ques ge­werk het. Hul ver­kool­de ly­ke is in hul bad­ka­mer ge­vind. Hul hond is ook dood.

Die na­week is be­rig dat Su­ni­ta se sel­foon op­ge­spoor is, maar vol­gens bron­ne is dit nie die ge­val nie. Die pri­va­te s­peur­der het met al­ler­lei sel­foon­teg­no­lo­gie toe­gang tot Su­ni­ta se sel­foon ge­kry.

Ja­c­ques se foon was 03:50 ak­tief.

’n Wer­ker op die plaas sê dit is die tyd wat sy Ja­c­ques ge­bel het toe hul­le by die bran­den­de huis aan­ge­kom het.

Sy sê sy het die vlam­me om­streeks 03:40 op­ge­merk. So­wat vyf mi­nu­te la­ter was sy by die huis.

Sy het om die huis ge­loop en hul na­me uit­ge­roep, maar daar was vol­gens haar geen ant­woord nie. Hul mo­tor het bui­te ge­staan. Die pri­va­te s­peur­der kon na­ge­noeg 150 000 bood­skap­pe van Su­ni­ta se foon en al­le fo­to’s af- laai wat daar­op ge­berg was.

Dit sluit W­hat­sApp-bood­skap­pe en SMS’e tus­sen haar en Eloi­se le Roux in.

Le Roux se man, Da­nie, is hoof van die La­er­skool Paar­lGim­na­si­um, waar Su­ni­ta ’n on­der­wy­se­res was.

Su­ni­ta het glo in ’n W­hat­sApp-bood­skap aan ’n vrien­din ge­sê sy is in ’n ver­hou­ding met die s­kool­hoof.

Vol­gens Eloi­se het sy en Su­ni­ta ’n heg­te “sus­ters­band” ge­had.

Die s­peur­der stel glo die ge­skie­de­nis van Su­ni­ta se sel­foon­bood­skap­pe saam.

Na wat ver­neem word, staan die voor­ma­li­ge hoof van die Val­ke in die Wes-Kaap se di­gi­ta­le fo­ren­sie­se la­bo­ra­to­ri­um hom by.

Die twee bron­ne met wie ge­praat is, sê die Van Dyk-fa­mi­lie se man­daat aan die s­peur­der is om te be­paal of daar e­ni­ge te­ken van mis­daad is.

Die in­lig­ting moet dan aan die fa­mi­lie en po­li­sie oor­han­dig word.

Vol­gens die een bron was Su­ni­ta se foon 02:48 die og­gend van die eg­paar se dood laas ak­tief.

Die s­peur­der het na wat ver­neem word nog nie ’n art. 205aan­soek by die land­dros­hof in Wel­ling­ton in­ge­dien om toe­gang te kry tot die sel­foon­in­lig­ting van men­se wat as be­lang­rik in die on­der­soek be­skou word nie.

Su­ni­ta se foon was die og­gend van die eg­paar se dood 02:48 laas ak­tief.

Su­ni­ta en Ja­c­ques van Dyk op hul trou­dag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.