Oor­skot van Co­dy se twee maats ge­kry

Beeld - - Nuus - Jackie Kru­ger

Twee van Co­dy se maats het nie die bran­de by Knys­na oor­leef nie.

Die oor­skot van die po­nies C­heeky en Bel­la is eer­gis­ter ge­vind in ’n groot­skaal­se soek­tog waar­aan per­de­rui­ters en vier­trek­voer­tuie deel­ge­neem het.

Co­dy self het 16 dae in die veld met brand­won­de oor­leef en op sy eie met die N2 huis toe ge­stap.

Mi­la en Dé­jà Vu word steeds ver­mis.

Toe die bran­de op 7 Ju­nie uit­breek, is Co­dy en sy vier maats in ’n na­by­ge­leë plan­ta­sie ge­jaag om­dat hul­le in die cha­os nie wou toe­laat dat men­se hul­le vang nie.

Al die an­der per­de op Ka­ren Ra­de­mey­er se plaas langs die N2 tus­sen die af­draai na R­hee­nen­dal en Buf­fels­baai is be­tyds na vei­lig­heid ge­bring.

Die plan­ta­sie waar die po- nies was, het toe nog nie ge­brand nie. Ra­de­mey­er-hul­le het ge­meen hul­le sou die vyf la­ter weer daar kry.

Die wind het eg­ter ge­draai en die ge­bied waar die po­nies vir die laas­te keer ge­sien is, het uit­ein­de­lik vier dae lank ge­brand.

’n Uit­ge­put­te, be­seer­de Co­dy het op 23 Ju­nie sy op­wag­ting ge­maak.

C­heeky en Bel­la se oor­skot is suid van die plaas in die plan­ta­sie op­ge­spoor.

“Dit lyk as­of dit vin­nig ge­beur het en hul­le nie ge­ly het nie,” sê Ra­de­mey­er.

Die po­nies was aan­vank­lik wild en het reeds op die plaas ge­woon toe Ra­de­mey­er-hul­le dit ’n paar jaar ge­le­de ge­koop het.

Vol­gens haar sterk Co­dy baie goed aan. Hy word deur ’n vee­arts be­han­del.

“Hy het brand­won­de aan ve­ral sy ge­sig op­ge­doen, maar dit word mooi ge­sond,” sê sy.

Ra­de­mey­er meen die an­der twee kon moont­lik die N2 oor­ge­steek het.

Die soek­tog na hul­le gaan voort. Hul­le kan e­ni­ge plek van B­ren­ton tot Groen­vlei, of selfs die­per in die bin­ne­land in die rig­ting van E­lands­kraal en Bar­ring­ton wees.

Fo­to: JACKIE KRU­GER

Ka­ren Ra­de­mey­er ver­le­de week by Co­dy.

Ver­mis: Mi­la.

Ver­mis: Dé­jà Vu.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.