U­nie­ke groei­pa­tro­ne help di­no­sou­rus­se

Beeld - - Nuus - El­sa­bé B­rits

Die reu­se- plant­vre­ten­de di­no­sou­rus­se wat vroe­ër vol­op in Suid-A­fri­ka en Ar­gen­ti­nië voor­ge­kom het, het u­nie­ke groei­pa­tro­ne ge­had wat ge­help het dat hul­le tot 30 m lank kon word.

Prof. A­nu­suya C­hin­sa­myTu­ran, ’n pa­le­on­to­loog aan die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad wat mi­kro­sko­pie­se struk­tu­re van di­no­sou­rus­se be­stu­deer, is een van ’n groep na­vor­sers wat on­langs nu­we werk oor dié sou­ro­po­de ge­pu­bli­seer het.

Van dié di­no­sou­rus­se het tus­sen 15 m en 20 m hoog ge­word en tot 30 m lank. Een van dié die­re het so­veel soos agt tot tien A­fri­ka-o­li­fan­te ge­weeg en hul­le was die groot­ste land­die­re.

Die sou­ro­po­de en hul voor­sa­te het so­wat 190 mil­joen jaar ge­le­de al­ge­meen in Suid-A­fri­ka en Ar­gen­ti­nië voor­ge­kom.

Ver­skeie fos­sie­le wat die af­ge­lo­pe de­ka­de ge­vind is, wys groei­pa­tro­ne wat by­na soos mo­sa­ïek is. Een van die voor­beel­de is An­te­to­ni­trus in­ge­ni­pes, een van die eer­ste di­no­sou­rus­se wat op vier be­ne be­gin loop het. Hy was tot 10 m lank, het so­wat 5 t ge­weeg en het so­wat 215 mil­joen jaar ge­le­de ge­leef.

Dr. A­dam Ya­tes het dié fos­siel in 2003 be­skryf na­dat dit al in die 1970’s na­by La­dy­brand op­ge­gra­we is.

Na­dat C­hin­sa­my-Tu­ran die mi­kro­sko­pie­se been­struk­tu­re van 13 sou­ro­po­de be­stu­deer en dit ver­ge­lyk het met 12 wat sy reeds ont­leed het, is ge­sien van dié di­no­sou­rus­se het on­op­hou­de­lik vin­nig ge­groei. Maar daar is ook an­der wat e­ner­gie be­spaar het deur ’n tyd vin­nig te groei, dan heel­te­mal op te hou en la­ter weer te groei. Dit het baie ja­re ge­duur voor­dat hul­le so groot ge­word het, lui die na­vor­sing wat in die vak­joer­naal Plos One ge­pu­bli­seer is.

Dr. A­le­jandro O­te­ro, ’n pa­le­on­to­loog van Ar­gen­ti­nië, lê langs die dy­been van ’n ti­ta­no­sou­rus om te wys hoe groot dit is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.