Pa­neel gaan voort

‘Dub­bel­sin­nig­he­de’ in ver­kla­ring uit­ge­klaar

Beeld - - Nuus - Han­nes Kru­ger

Die pa­neel wat die om­stre­de S­pur-voor­val on­der­soek, gaan in Ok­to­ber voort met sy sit­ting na­dat hy “dub­bel­sin­nig­he­de” op ’n ver­ga­de­ring met die re­stau­rant­groep se be­stuur uit­ge­klaar het.

Die on­der­soek gaan oor die voor­val op 19 Maart in die Tex­a­mo S­pur in Jo­han­nes­burg toe ’n man ge­dreig het om ’n vrou aan te rand. Hy het be­weer haar kind het sy kind ge­klap.

Die man is toe al­le S­pur- re­stau­ran­te in die land ver­bied en dit het tot ’n boi­kot van S­pur ge­lei.

S­pur het ver­le­de week aan­ge­kon­dig dat hy op ’n land­wye luis­ter­toer gaan.

Die pa­neel is nie laat vaar, soos van die me­dia be­rig het nie, maar gaan in Ok­to­ber by­me­kaar­kom, het prof. El­mien du P­les­sis, ’n regs­ge­leer­de aan die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit en voor­sit­ter van die pa­neel, gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê.

Du P­les­sis sê sy het ver­le­de week met die S­pur-groep ver­ga­der om die “dub­bel­sin­nig­he- de” in sy ver­kla­ring oor sy land­wye toer uit te klaar.

Vol­gens haar is een van die dub­bel­sin­nig­he­de dat die pa­neel laat vaar is.

S­pur het die pa­neel uit­stel ge­vra so­dat hy meer ge­de­tail- leer­de in­ter­ak­sie met sy fran­chi­se­hou­ers kan hê en so­dat die fran­chi­se­hou­ers meer tyd kan kry om voor­leg­gings aan die pa­neel te doen, lui Du P­les­sis se ver­kla­ring.

“Die pa­neel het saam­ge­stem dat dit ’n wy­se be­sluit is en daar­om gaan die pa­neel eers in Ok­to­ber by­me­kaar­kom. Die S­pur-groep het dit ver­le­de week be­ves­tig.”

Du P­les­sis sê in­ge­vol­ge ’n oor­een­koms sal die pa­neel sy man­daat on­af­hank­lik uit­voer. Die pa­neel word dus nie on­der die vaan­del van die S­pur-groep be­dryf nie.

Sy sê die pa­neel gaan ’n ge­ba­lan­seer­de en diep­te-on­der­soek na al die re­le­van­te as­pek­te van die voor­val doen, as­ook hoe dit han­teer is.

“Ons gaan aan S­pur en die pu­bliek ver­slag doen oor ons be­vin­dings.

“Dit is ook om S­pur te help om moont­li­ke te­kort­ko­min­ge in sy re­ak­sie op die voor­val reg te stel en in die toe­koms te ver­be­ter.”

Die S­pur-groep het gis­ter in re­ak­sie op Du P­les­sis se ver­kla­ring ge­sê hy re­spek­teer die pa­neel se man­daat en sy on­af­hank­lik­heid en het in dié sta­di­um geen ver­de­re kom­men­taar nie. ) Die an­der pa­neel­le­de is prof. Ko­pa­no Ra­te­le van die In­sti­tuut vir So­si­a­le en Ge­sond­heids­we­ten­skap­pe van U­ni­sa, ’n ver­teen­woor­di­ger van Son­ke Gen­der Jus­ti­ce, dr. Wy­no­ma Mi­cha­els, ’n sa­ke­kon­sul­tant wat ge­reeld maat­skap­li­ke kwes­sies pak, en die kom­men­ta­tor Co­bus Be­ster.

Prof. El­mien du P­les­sis, ’n regs­ge­leer­de aan die Noord­wesU­ni­ver­si­teit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.