Drie voer­tuie brand in Hout­baai­be­to­gings

Beeld - - Nuus - Car­ryn­Ann Nel

Min­stens drie voer­tuie – in­slui­tend ’n woon­wa van die me­tro­po­li­sie – het uit­ge­brand na­dat ge­weld­da­di­ge be­to­gings gis­ter­og­gend in Hout­baai uit­ge­breek het.

Vic­to­ri­a­weg en die Hout­baai­hoof­weg was gis­ter teen 09:00 nog ge­sluit vir ver­keer, het Ja­co Marais op die to­neel ge­sê.

Be­to­gers het gis­ter se­dert dou­voor­dag rom­mel aan die brand ge­steek en Vic­to­ri­a­weg en die hoof­weg ver­sper.

Daar word al van Sa­ter­dag­og­gend af hier be­toog.

Die be­to­gers is ont­steld om­dat hul­le meen daar word nie na hul g­rie­we ge­luis­ter nie.

Ri­chard Bos­man, Kaap­stad se di­rek­teur van vei­lig­heid en se­ku­ri­teit, sê die oor­saak van die be­to­ging is ’n ge­brek aan e­lek­tri­si­teit by ty­de­li­ke be­hui­sing op Hout­baai se sport­veld, waar men­se bly wat deur vroe­ë­re bran­de ge­raak is.

So­wat 100 be­to­gers was gis­ter­mid­dag op die to­neel, het lt.kol. An­drè Traut, ’n po­li­sie­woord­voer­der, ge­sê.

“Pro­tes­ak­sies het van­dag (gis­ter) vir die der­de keer op­ge­vlam ná ’n ge­skil oor be­hui­sing. Dit raak die toe­gangs­roe­tes na en van Hout­baai.

“Die po­li­sie het ’n aan­tal po­li­sie­be­amp­tes ont­plooi om die si­tu­a­sie te mo­ni­tor.

“Ons werk nou saam met ons wets­toe­pas­sings­be­amp­tes en sal die ge­bied nie ver­laat voor­dat ons oor­tuig is dat die be­drei­ging ver­by is nie. Ons raai die ge­meen­skap aan om ver­sig­tig te wees.”

JP S­mith, Kaap­stad­se bur­ge­mees­ters­ko­mi­tee­lid vir vei­lig­heid en se­ku­ri­teit, sê die si­tua- sie is dui­de­lik nie meer vreed­saam nie.

“Dit het nou oor­ge­gaan in mis­da­di­ge ak­ti­wi­tei­te met be­to­gers wat op sy­paad­jies in­be­weeg het en voer­tuie aan die brand ge­steek het.”

Ook ’n mo­bie­le een­heid wat as kom­buis ge­dien het vir slag­of­fers na­dat bran­de vroe­ër in Hout­baai uit­ge­breek het, is ver­nie­tig.

’n Aan­val op ’n ou­e­te­huis is net-net ge­keer.

’n Wa­ter­ka­non is op die to­neel.

Za­ra Ni­chol­son, woord­voer­der van Pa­tri­cia de Lil­le, Kaap­stad­se bur­ge­mees­ter, het be­ves­tig dat De Lil­le ’n ver­ga­de­ring met lei­ers in die ge­meen­skap pro­beer re­ël.

’n Woon­wa van die me­tro­po­li­sie wat in Hout­baai aan die brand ge­steek is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.