Ver­krag stief­dog­ters: Hy sit le­wens­lank

KORT­LIKS

Beeld - - Nuus -

Een van die twee mei­sies (18) wat se­we jaar lank deur hul stief­pa ver­krag is, is ont­steld daar­oor dat haar 20-ja­ri­ge sus­ter ook ver­krag is. Sy het ge­dink “sy is die e­nig­ste een” wat dié las moes dra.

Reg­ter Cas­sim Moo­sa het gis­ter in die hoog­ge­regs­hof in Jo­han­nes­burg ge­sê ’n 50-ja­ri­ge man van Rand­fon­tein wat in Fe­bru­a­rie van­jaar skul­dig be­vind is op se­we aan­klag­te van ver­krag­ting en drie van on­se­de­li­ke aan­ran­ding, het “sy ver­trou­ens­po­si­sie mis­bruik om sy slag­of­fers stel­sel­ma­tig ge­reed te maak vir seks”.

Die man is gis­ter se­we le­wens­lan­ge von­nis­se op­ge­lê op die ver­krag­ting en drie von­nis­se van tien jaar op die on­se­de­li­ke aan­ran­ding. Die le­wens­lan­ge von­nis­se word sa­me­lo­pend uit­ge­dien.

Moo­sa het ge­sê die sis­te­ma­tie­se mis­han­de­ling tus­sen 2006 en 2013 het ’n erns­ti­ge psi­go­lo­gie­se uit­wer­king op die twee sus­ters ge­had.

Die stief­pa het hul­le op die ou- der­dom van ses vir seks be­gin ge­reed maak.

Ro­le­ne Be­ster, staats­ad­vo­kaat, het ge­vra vir ’n swaar straf. Die man het sy stief­dog­ters let­ter­lik sy vroue ge­maak deur ’n ver­hou­ding waar hul­le ge­reeld seks het, het sy ge­sê.

Die man het voort­ge­gaan om die mei­sies te ver­krag, selfs na­dat hul ma ge­vra het hy moet op­hou.

“Die jong­ste dog­ter ly steeds aan angs en vrees en suk­kel om men­se te ver­trou,” het Moo­sa ge­sê.

Sy toon ook self­moord­nei­gings en voel self skul­dig oor dit wat ge­beur het. Dié mei­sie is nou nog ont­steld dat haar sus­ter ook ver­krag is, want sy was “on­der die in­druk sy is die e­nig­ste een” wat dié las moes dra.

Moo­sa het ge­sê die man het ty­dens die ver­hoor geen be­rou ge­toon nie. “As ie­mand nie vei­lig is in haar eie huis nie, is sy nie vei­lig in die sa­me­le­wing nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.