S­tu­dies oor saal se her­stel duur lank

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tjie Ge­ric­ke

Dit kan ses maan­de duur voor­dat al die voor­af­werk en -s­tu­dies af­ge­han­del is om die Bloem­fon­tein­se stad­saal te her­bou.

Adv. Tan­ki­so Mea, die stads­be­stuur­der, is uit­ste­dig en het laat weet hy kan vrae eers la­ter be­ant­woord.

Maar Ros­souw Bo­tes, DAraads­lid, sê hy het al met die amp­te­na­re ge­praat wat met die saak werk. “Fo­ren­sie­se po­li­sie­on­der­soe­ke is af­ge­han­del en ’n ver­slag oor die brand en sy ge­vol­ge word nou na die ver­se­ke­raars ge­stuur.”

Die ver­se­ke­raar sal na die her­bou­kos­te om­sien. “Die ver­se­ke­raar sal in­ge­ni­eurs bring wat die stad­saal se struk­tu­re be­hoor­lik moet in­spek­teer om te be­paal wat­ter struk­tu­re oor­ge­bou moet word en wat­ter nie, en of op be­staan­de struk­tu­re wat nie be­ska­dig is nie, her­bou kan word.”

Die ver­se­ke­raar se as­ses­sor sal ook op­rui­ming­span­ne bring. “Hul­le sal brandrom­mel in en bui­te die stad­saal op­ruim en dít wat oor­ge­bly het be­hoor­lik skoon­maak.

“Ver­teen­woor­di­gers van die Er­fe­nis­raad sal teen­woor­dig wees om te kyk wat kos­baar is en be­houe moet bly.”

Die Er­fe­nis­raad se ver­teen­woor­di­gers sal saam met die in­ge­ni­eurs be­paal wat­ter dak­te­ëls of hout ge­bruik kan word as oor­spronk­li­kes nie meer ver­kryg­baar is nie.

Bo­tes sê die stads­raad moet amp­te­lik by die Er­fe­nis­raad aan­soek doen om die ge­bou te laat her­stel. ’n Er­fe­nis­ko­mi­tee wat twee­week­liks sit, oor­weeg die aan­soek. Eers hier­na kan die fi­na­le kos­te be­re­ken word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.