Po­li­sie bly dat ver­krag­ters lank gaan sit

Beeld - - Nuus - – Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Die po­li­sie in Lim­po­po is ver­heug dat ver­krag­ters in die pro­vin­sie swaar gestraf word.

Vier mans wat ’n 19-ja­ri­ge vrou in 2015 in Mahwe­le­reng bui­te Mo­ko­pa­ne (Pot­gie­ters­rus) om die beurt ver­krag het, is Vry­dag in die rond­gaan­de hof elk tot le­wens­lan­ge tronk­straf ge­von­nis.

E­ric Le­bo­go (21), Da­vid Mashis­hi (20), Ts­hep­ho Lentswa­ne (29) en T­ha­bo Hlong­wa­ne (22) is elk boon­op tot nog 15 jaar weens roof ge­von­nis.

Lt.kol. Mo­ats­he N­goe­pe, po­li­sie­woord­voer­der in Lim­po­po, sê speur­ders van die een­heid vir ge­sins­ge­weld, kin­der­be­sker­ming en sek­su­e­le mis­dry­we het ook toe­ge- sien dat ’n ver­krag­ter in Giy­a­ni lank ag­ter tra­lies sal wees.

Ts­he­d­za Ts­hi­ko­vi (33) is tot le­wens­lan­ge tronk­straf ge­von­nis om­dat hy Ku­la­ni N­ku­na (17) in No­vem­ber 2015 met ’n mes dood­ge­steek en haar sel­foon ge­steel het. N­goe­pe sê ure voor N­ku­na se dood het Ts­hi­ko­vi nog ’n vrou et­li­ke ke­re met ’n mes ge­steek na­dat hy by haar huis in­ge­breek het. Hy het die vrou ook ver­krag en be­roof.

Hy is tot le­wens­lan­ge tronk­straf ge­von­nis weens ver­krag­ting, tot nog tien jaar weens po­ging tot moord, tien jaar weens huis­braak en 15 jaar weens roof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.