Dié mo­nu­ment is een van lief­de, nie oor­log nie

Beeld - - Kommentaar -

Ek het die twee by die mo­nu­ment ge­sien, ’n ou en ’n mid­del­ja­ri­ge man. Die mid­del­ja­ri­ge man het doel­ge­rig rond­ge­stap, maar die ou­er man het oog­lo­pend ge­dwaal, ’n warm wol­serp om die nek en ’n paar grys haar­tjies wat on­der ’n ge­rui­te pet uit­steek. Hy het nie ge­lyk soos ie­mand wat die mo­nu­ment om die ge­skied­kun­di­ge waar­de be­soek het nie. Sy skou­ers het ge­hang en hy het lank ge­talm voor die stand­beeld van die vrou met die kap­pie en ’n le­we­lo­se kind op die skoot, by p­res. M.T. S­teyn se graf en by die ge­gra­veer­de na­me van vroue, kin­ders en mans wat in die oor­log om­ge­kom het.

Ek het die Vrou­e­mo­nu­ment in Bloem­fon­tein al tal­le ma­le be­soek. El­ke keer sien ek iets nuuts raak, lyk die mo­nu­ment vir my an­ders. El­ke keer waai die wind uit ’n an­der rig­ting oor die mo­nu­men­te en die mu­seum­ter­rein. Laas keer het die wind uit die sui­de ge­kom, rooi stof­wol­ke het op die ho­ri­son be­gin saam­bon­del. El­ke keer is dit ’n an­der sei­soen, hang die wol­ke in die lug in ver­skil­len­de for­ma­sies om an­der­ste ska­du­wees oor hier­die stuk­kie treur­grond te gooi. Ek het op die laas­te be­soek eers uit­ge­vind dat E­mi­ly Ho­bhou­se so mooi kon skil­der toe ek af­ge­kom het op ’n skil­de­ry van haar van ’n huis en bo­me wat ge­hou word in ’n glas­kas met ar­te­fak­te uit die Ang­lo-Boe­re­oor­log.

On­der­weg van die Oor­logs­mu­seum na my mo­tor het die ou man wat ek vroe­ër op­ge­merk het steeds ge­hurk ge­sit by een van die ge­denk­pla­te met na­me. Ek het op­ge­merk hoe ’n traan op die ge­denk­plaat val. Sy skou­ers het ge­ruk. “Oom, is oom ou­kei?” “Ai, jam­mer, my kind, dat die oom nou so hier sit en huil. Die tan­nie is twee we­ke ge­le­de oor­le­de.”

“Kom, Pap­pa . . . ” sê die an­der man ter­wyl hy sy hand half ver­troos­tend om sy pa se ge­krom­de skou­ers slaan. Toe stap hul­le sta­dig weg.

Ek kon be­gryp dat hy sy per­soon­li­ke ver­lies in ver­band bring met die ont­set­ten­de groot ver­lies van ’n sin­ne­lo­se oor­log, maar dan ’n oor­log wat nie daar­in kon slaag om ’n volk se vroue te knak nie. Ek het ver­staan hoe ’n al­leen tuis­koms vir die oom, net een be­ker uit die kom­buis­kas haal vir kof­fie maak, sy eie og­gend­pil­le­tjies uit­tel, al­leen kos maak en eet, die nag­te en dae van sy le­we voort­aan al­leen, vir hom soos ’n lang, sner­pen­de Vry­staat-win­ter voor­lê.

Al het die ka­pok daar­die dag om ’n ou man se hart saam­ge­pak, het die mo­nu­ment vir my nu­we be­te­ke­nis ge­kry. Dit is nie meer vir my ’n naald wat ’n on­reg ge­denk nie. Dit is vir my ’n sim­bool van on­ver­skrok­ke, on­uit­wis­ba­re lief­de. Dis ’n stand­beeld van die lief­de van ’n ma vir haar kind, ’n vrou vir haar land. Dit is ’n struk­tuur wat die lief­de ver­e­wig wat ’n man vir sy vrou deur sy he­le le­we heen op­ge­bou het. Dit is ’n plek waar­heen ’n man met ’n stuk­ken­de hart kan gaan om troos te vind – troos uit die woor­de wat links van die se­ment­voe­te van die stand­beeld­vrou teen die muur ge­gra­veer is: “Ik zal u niet be­ge­ven; ik zal u niet ver­la­ten.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.