Jag­ters in ont­ken­ning oor be­wa­ring

Beeld - - Kommentaar - An­dré Chris­tof

Die von­ke spat be­hoor­lik oor die po­li­tie­ke aan­slag teen SuidA­fri­ka. Al­mal weet van die aan­val deur p­res. Ja­cob Zu­ma en die Gup­tas op die land se e­ko­no­mie. Die siel van die land is die te­sou­rie.

Maar hoe be­wus is ons van die stro­ping van ons na­tuur, ons oor­le­wing en die hulp­bron­ne waar­van ons af­hank­lik is?

E­li­se Tem­pel­hoff skryf die af­ge­lo­pe week per­ti­nent in haar ge­reel­de be­rig in Beeld oor hier­die der­ge­li­ke be­dryf: “Leeus: ‘SA na­tuur te koop.’ ”

Daar­in lig sy ons in oor die uit­voer van leeus se kar­kas­se (been­de­re) na die bui­te­land en hoe ons ons eie na­tuur in ’n kom­mo­di­teit ver­an­der het.

Ons dien Mam­mon, maar dis mos niks nuuts nie.

Suid-A­fri­ka se na­tuur word ge­stroop, maar die po­li­tie­ke si­tu­a­sie is ’n weer­lig­af­lei­er.

So lees ek die re­ak­sie van S­te­phen Pa­los, uit­voe­ren­de hoof van die kon­fe­de­ra­sie van jag­ver­e­ni­gings van Suid-A­fri­ka (C­ha­sa) in Beeld.

Die men­se het pre­sies die­self- de in­ge­steld­heid as Zu­ma, sy ka­ders en die Gup­tas.

Hul­le leef in ont­ken­ning van hul da­de. Hul­le glo werk­lik, nes Zu­ma, dat daar niks ver­keerd is met wat hul­le doen nie.

In­tus­sen be­stuur hy en die ka­ders, met hul kor­rup­te sie­nings, die land die af­grond in. Hul­le het geen sin vir e­tiek en mo­re­le waar­des nie.

Net soos met Zu­ma en sy ka­ders, het ek geen oog­ha­re vir die jag­ters­groe­pe wat die na­tuur op­mors, vir die wol­we gooi en dan dink hul­le dra by tot be­wa­ring nie.

Ek dink nou te­rug aan die see­koei wat ’n wa­ter­gat op ’n re­ser­vaat be­skerm het toe ’n re­nos­ter wou kom drink.

Die re­nos­ter kon hom­self nie be­skerm nie. Sy ho­ring was af­ge­saag om hom teen stro­pers te be­skerm.

En toe kon die re­nos­ter, wat on­der nor­ma­le om­stan­dig­he­de klein­geld van die see­koei sou maak, hom­self nie teen die see­koei ver­de­dig nie.

Dit is nou wat kom van die wys­neu­se se re­de­na­sie oor re­nos­ter­be­sker­ming.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.